Page 482 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

478
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sommige het getwyfel of hulle Sy sending reg verstaan het. Almal
was diep ontstel.
Nadat Hy twee dae gewag het, het Jesus aan die dissipels gesê,
Laat ons weer na Judea gaan.” Toe het die vraag by die dissipels
ontstaan, waarom, as Jesus na Judea wou gaan, het Hy dan twee dae
gewag? Maar bekommernis oor Christus en oor hulleself het nou
hulle gedagtes besig gehou. Hulle kon niks as gevaar sien op die
weg wat Hy nou wou inslaan nie. “Rabbi,” het hulle gesê, “die Jode
het onlangs geprobeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe?
Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie?” Ek is onder
die leiding van My Vader; solank as Ek Sy wil doen, is My lewe
veilig. My twaalf uur van daglig is nog nie verstreke nie. Ek het die
laaste gedeelte van My dag begin, en solank as dit nog nie heeltemal
verstreke is nie, is Ek veilig.
As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie,” het Hy gesê,
omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.” Hy wat die wil van God
doen, wat wandel in die pad wat God aangewys het, kan nie struikel
en val nie. Die lig van Gods Gees gee hom ’n helder begrip van sy
plig, en lei hom op die regte pad totdat sy werk klaar is. “Maar as
iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom
is nie.” Hy wat die pad van sy eie keuse bewandel, waarop God hom
nie geroep het nie, sal hom stamp. Vir hom word die dag in nag
verander, en waar hy ook al is, is hy nie veilig nie.
[536]
Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons
vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.” “Lasarus, ons
vriend, slaap.” Hoe aandoenlik is die woorde! Hoe vol medelyde!
Deur te dink aan die gevaar waarin hulle Meester Hom sou begeef
om na Jerusalem te gaan, het die dissipels byna die bedroefde gesin
in Betanië vergeet. Maar Christus het nie. Die dissipels het gevoel
dat hulle bestraf is. Hulle was teleurgestel dat Christus nie dadelik
gegaan het toe Hy die boodskap ontvang het nie. Hulle het in die
versoeking gekom om te dink dat Hy nie die liefde vir Lasarus en
sy susters gehad het wat hulle gemeen het nie, of Hy sou sonder
verwyl met die boodskapper saam teruggegaan het. Maar die woorde,
Lasarus, ons vriend, slaap,” het weer die regte gevoelens in hulle
harte gebring. Hulle was nou oortuig dat Christus nie Sy lydende
vriende vergeet het nie.