Page 481 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
477
het hulle Hom nie dadelik dringend versoek om te kom nie, maar
slegs die vertrouelike boodskap gestuur, “Hy vir wie U liefhet, is
siek. Hulle het gedog dat Hy dadelik sou reageer op hulle boodskap
en na hulle sou kom so spoedig as wat Hy Betanië kon bereik.
In angs het hulle gewag op tyding van Jesus. Solank as wat daar
nog lewe in hulle broer was, het hulle gebid en gewag vir Jesus.
Maar die boodskapper het sonder Hom teruggekom. Hy het egter
die volgende boodskap aan hulle gebring: “Hierdie siekte is nie
tot die dood toe nie,” en hulle het bly hoop dat Lasarus nie sou
sterf nie. In tederheid het hulle geprobeer om die byna bewustelose
lyer met hoop en mocd te besiel. Toe Lasarus sterf, was hulle bitter
teleurgestel, maar hulle het nogtans die versterkende genade van
Christus gevoel, en dit het hulle weerhou om die Heiland dit nie te
verwyt nie.
Toe die boodskap aan Christus gebring is, het die dissipels ge-
meen dat Hy dit baie koel ontvang het. Hy het nie daardie droefheid
geopenbaar wat hulle verwag het nie. Hy het hulle aangespreek en
gesê, “Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heer-
likheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan
word.” Vir nog twee dae het Hy vertoef op die plek waar Hy was.
Hierdie handelwyse was ’n raaisel vir die dissipels. Watter vertroos-
ting sou Sy teenwoordigheid nie wees vir die geteisterde huisgesin
nie, het hulle gedink! Sy groot liefde vir die gesin van Betanië was
goed bekend aan Sy dissipels, en hulle was verwonder dat Hy nie
[535]
gehandel het nie op die treurige boodskap, “Hy vir wie U liefhet, is
siek.”
Gedurende die twee dae het dit geskyn of Jesus die boodskap
heeltemal vergeet het, want Hy het nooit van Lasarus gepraat nie.
Die dissipels het begin dink aan Johannes die Doper, die voorloper
van Jesus. Hulle het gewonder waarom Jesus, wat die mag het om
won- derwerke te doen, toegelaat het dat Johannes in die gevangenis
kwyn om eindelik ’n gewelddood te sterf. Aangesien Hy sulke groot
mag het, waarom het Jesus nie Johannes se lewe gered nie? Hierdie
vraag is dikwels deur die Fariseërs gevra, en hulle het dit aangevoer
as onweerlegbare bewys teen Christus se aanspraak dat Hy die Seun
van God is. Die Heiland het Sy dissipels gewaarsku van beproewings,
Verliese, en vervolging. Sou Hy hulle ook verlaat in beproewing?