Page 480 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

476
DIE KONING VAN DIE EEUE
Daar kon Hy aan ’n dankbare gehoor dinge uit die Boek van die
Voorsienigheid openbaar. By daardie private onderhoude het Hy aan
Sy toehoorders dinge ge-openbaar wat Hy nie geprobeer het om aan
die gemengde skare te verduidelik nie. Daar was dit nie nodig om
tot Sy vriende deur middel van gelykenisse te spreek nie.
Wanneer Christus Sy wonderbare lesse gegee het, het Maria aan
Sy voete gesit, ’n eerbiedige en getroue toehoorder. By een geleent-
heid het Martha, belas met die sorge om die ete te berei, by Christus
gekla en gesê, “Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat
bedien nie? Sê dan vir haar om my te help.” Dit was tydens Christus
se eerste besoek aan Betanië. Die Heiland en Sy dissipels het so
pas die vermoeiende reis te voet afgelê vanaf Jerigo. Martha wou
hulle graag iets voorsit, en in haar gretigheid het sy die hoflikheid
vergeet wat haar Gas toegekom het. Jesus het haar sag en geduldig
geantwoord, “Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie
dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies
wat van haar nie sal weggeneem word nie.” Maria het in haar hart
die kosbare woorde van die Heiland se lippe opgeneem, woorde wat
vir haar dierbaarder was as die aarde se kosbaarste juwele.
Die “een ding” wat Martha nodig gehad het, was ’n stille, aan-
biddende gees, ’n groter begeerte om die toekoms te ken, die ewige
lewe, en die genade wat nodig is vir geestelike opwassing. Sy moes
haarseif minder gekwel het oor verganklike dinge, en meer oor die
[534]
ewige dinge. Jesus wil Sy kinders leer om gebruik te maak van elke
geleentheid om daardie kennis te verkry wat hulle wys sal maak
tot die saligheid. Die saak van Christus het versigtige, energieke
werkers nodig. Daar is ’n groot arbeidsveld vir die Marthas met
hulle ywer in godsdienstige werk. Maar dan moet hulle eers saam
met Maria aan die voete van Jesus sit. Laat ywer, gewilligheid, en
energie geheilig word deur die genade van Christus; dan sal die lewe
n onoorwinlike krag ten goede wees.
Daar het droefheid gekom in daardie rustige huis waar Jesus
gerus het. Lasarus het skielik siek geword, en sy susters het die
Heiland laat roep, en die volgende boodskap aan Hom gestuur, “Here,
hy vir wie U liefhet, is siek.” Hulle het gesien dat dit ’n ernstige
siekte was wat hulle broer gehad het, maar hulle het ook geweet dat
Jesus bewys het dat Hy in staat is om alle siekte te genees. Hulle het
geglo dat Hy medelyde met hulle sou hê in hulle ellende; daarom