Page 479 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
ONDER die standvastigste volgelinge van Jesus was Lasarus van
Betanië. Vandat hy Hom die eerste maal ontmoet het, was sy geloof
in Christus sterk; sy liefde vir Hom was diepgaande, en die Heiland
het hom ook baie liefgehad. Dit was vir Lasarus wat Christus Sy
grootste wonderwerk verrig het. Die Heiland het almal geseën wat
by Hom hulp kom soek het; Hy het die hele mensdom lief, maar Hy
is aan sommige geheg deur spesiale herinneringe. Hy was met sterk
bande van liefde verbind aan die gesin van Betanië, en vir een van
hulle het Hy die grootste wonderwerk gedoen.
Jesus het dikwels gerus in die huis van Lasarus. Die Heiland het
geen huis van Sy eie gehad nie; Hy was afhanklik van die gasvryheid
van Sy vriende en dissipels, en dikwels, wanneer Hy moeg was en
verlang het na die gemeenskap van medemense, het dit Hom behaag
om te ontvlug na hierdie vreedsame gesin, weg van die agterdog
en jaloesie van die kwaadwillige Fariseërs. Daar is Hy altyd hartlik
verwelkom, en het Hy reine, heilige vriendskap ontvang. Daar kon
Hy in eenvoud en alle vrymoedigheid praat, wetende dat Sy woorde
begryp en gewaardeer sou word.
[533]
Ons Heiland het ’n stille woning en belangstellende toehoorders
gewaardeer. Hy het verlang na menslike tederheid, hoflikheid, en
liefde. Diegene wat die hemelse onderrig aangeneem het wat Hy al-
tyd gewillig was om te gee, is ryklik geseën. Waar die skare Christus
gevolg het deur die oop velde, het Hy aan hulle die skoonheid van
die natuurlike wêreld geopenbaar. Hy het getrag om die oë van hulle
verstand te open, sodat hulle kon sien hoedat die hand van God die
wêreld in stand hou. Om hulle te help om Gods goedheid en liefde
te waardeer, het Hy die aandag van Sy toehoorders gevestig op die
sagte dou, die sagte reënbuie, en die heerlike sonskyn wat val op
beide goeie en siegte mense. Hy wou hê dat die mense ’n beter besef
moes kry van die liefde wat God koester teenoor Sy skepsels. Maar
die skare was traag om te verstaan, en in daardie huis in Betanië
het Christus rus gevind van die vermoeienis van die openbare lewe.
475