474
DIE KONING VAN DIE EEUE
wat die gawes wat hy ontvang het, bestee volgens Gods plan, is ’n
medewerker van Christus. Hy win siele vir Christus, omdat hy Sy
karakter openbaar.
Vir diegene wat soos die jong owerste verantwoordelike posisies
beklee en baie besittings het, mag dit na ’n te groot opoffering lyk
om alles op te gee om Christus te volg. Maar dit is die maatstaf
vir almal wat Sy dissipels wil word. Niks behalwe gehoorsaamheid
sal aangeneem word nie. Selfoorgawe is die kern van die leer van
Christus. Dikwels word dit beveel in taal wat gebiedend lyk, want
daar is geen ander manier om die mens te red nie as om hom te
bevry van daardie dinge wat, as hy daaraan vasklem, sy sedelike
ondergang sal bewerk.
Wanneer Christus se navolgers aan die Here Sy eiendom terug-
gee, vergader hulle vir hulleself skatte wat aan hulle teruggegee sal
word die dag wanneer hulle die woorde hoor, “Mooi so, goeie en
getroue slaaf, . . . Gaan in in die vreuge van jou heer.” “Wat vir
die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande
verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.”
Matt. 25: 23; Heb. 12: 2. Die vreugde om siele gered te sien, vir ewig
gered, dit sal die loon wees van almal wat volg in die voetstappe van
Hom wat gesê het, “Volg My.”
[532]