“
Een Ding Kom Jy Kort”
473
te hoog geskyn, en hy het bedroef weggegaan, “want hy het baie
besittings gehad.”
Hy het homself bedrieg deur te dink dat hy die wet van God
gehou het. Hy het getoon dat rykdom sy afgod was. Hy kon nie
die gebooie van God hou terwyl die wêreld die eerste plek in sy
hart gehad het nie. Hy het die gawes van God liefgehad meer as
die Gewer. Christus het die jongman gemeenskap met Homself
aangebied. “Volg My,” het Hy gesê. Maar die Heiland was nie van
soveel waarde vir hom as sy eie naam onder die mense, of as sy
besittings nie. Om sy aardse skatte op te gee wat hy kon sien, vir
die hemelse skat wat nie gesien kan word nie, was ’n te groot risiko.
Hy het die aanbod van die ewige lewe geweier, en het weggegaan,
om vir altyd daarna die wêreld te dien. Duisende kom voor hierdie
toets te staan, waar Christus opge- weeg word teen die wêreld, en
vele kies die wêreld. Net soos die jong owerste gaan hulle van die
Heiland weg en sê in hulle harte, Ek wil nie hierdie Man as leier hê
nie.
Christus se handeling met die jongman word voorgestel as ’n
aan- skouelike les. God het aan ons die maatstaf van gedrag gegee
wat elkeen van Sy diensknegte moet navolg. Dit is gehoorsaamheid
aan Sy wet; nie ’n bloot wettiese gehoorsaamheid nie, maar ’n ge-
hoorsaamheid wat die lewe raak en uit die karakter blyk. God het Sy
eie karak- terpeil gestel vir almal wat onderdane van Sy koninkryk
wil word. Alleen diegene wat medewerkers van Christus wil word,
alleen diegene wat wil sê, Here, alles wat ek het en is, gee ek aan
U, sal erken word as seuns en dogters van God. Almal behoort te
oorweeg wat dit beteken om die hemel te begeer, en dan weg te gaan
[531]
omdat hulle nie die voorwaardes wil aanneem nie. Dink aan wat dit
beteken om “Nee” te sê vir Christus. Die owerste het gesê, Nee, ek
kan U nie alles gee nie. Sê ons dit ook? Die Heiland bied aan om
ons te help met die werk wat God ons gegee het om te doen. Hy bied
aan om die middele te gebruik wat God ons gegee het, om Sy werk
voort te sit in die wêreld! Alleen op hierdie wyse kan Hy ons red.
Die besittings van die owerste is aan hom toevertrou sodat hy
kon bewys of hy ’n getroue rentmeester is; hy moes die goed gebruik
het tot seën van die behoeftiges. Dis ook met hierdie doel dat God
vandag besittings en talente en kanse aan mense gee, sodat hulle Sy
agente kan wees om die armes en ellendiges te help. Die persoon