472
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die hemelse skat sou vir hom verseker wees as Hy Christus sou
volg. Maar hy sou sy selfsug moet versaak, en sy wil aan Christus
moet oorgee. Die heiligheid van God is aangebied aan hierdie jong
owerste. Hy het die kans gehad om ’n seun van God te word, en ’n
mede-erfgenaam met Christus van die hemelse skat. Maar dan sou
hy die kruis moes opneem en die Heiland moes volg op die pad van
selfverloëning.
In werklikheid was Christus se woorde aan die owerste ’n uitno-
diging, “Kies dan . . . vandag wie [jy] wil dien.” Josua 24: 15. Die
keuse is aan hom oorgelaat. Jesus wou hom baie graag tot bekering
bring. Hy het hom die verrotte plek in sy karakter gewys, en met die
grootste belangstelling het hy gewag op die uitslag terwyl die jong-
man die vraag oorweeg het! As hy besluit om Christus te volg, sou
hy Sy Woord moet gehoorsaam in alle dinge. Hy sou sy ambisieuse
planne moes laat vaar. Met watter ernstige, angstige verlange, met
watter sielshonger het die Heiland na die jongman gekyk, hopende
dat hy sou gehoor gee aan die uitnodiging van die Gees van God!
Christus het die enigste terme voorgestel wat die owerste sou
plaas waar Hy ’n volmaakte Christelike karakter kon vorm. Sy
woorde was woorde van wysheid, alhoewel hulle hard en veeleisend
geklink het. Om hulle aan te neem en te gehoorsaam, was die ower-
ste se enigste hoop op die saligheid. Sy hoë posisie en sy rykdom het
’
n listige invloed ten kwade op sy karakter gehad. As hy aan daardie
dinge sou vasklem, sou daar geen plek in sy hart vir God wees nie.
Om bietjie of veel terug te hou van God, was om daardie dinge te
behou wat sy sedelike krag en bekwaamheid sou verminder; want as
[529]
[530]
mens die dinge van hierdie wêreld liefhet, hoe onseker en onwaardig
hulle ook mag wees, sal hulle die hele mens in beslag neem.
Die owerste was gou om te verstaan alles wat Christus se woorde
van hom geverg het, en dit het hom hartseer gemaak. As hy maar
die waarde van die aangebode gawe verstaan het, sou hy sonder
aarseling een van Christus se volgelinge geword het. Hy was ’n lid
van die geëerde raad van die Jode, en die Satan was besig om hom
te vlei met die vooruitsigte van ’n heerlike toekoms. Hy wou die
hemelse skat hê, maar hy wou ook die tydelike voordele geniet wat
sy rykdom hom sou gee. Hy was jammer dat daar sulke voorwaardes
was; hy het die ewige lewe begeer, maar hy was nie gewillig om die
opoffering te maak nie. Die prys van die ewige lewe het vir hom