“
Een Ding Kom Jy Kort”
471
het verlang om hom daardie vrede en genade en vreugde te gee wat
sy karakter sou verander. “Een ding kom jy kort,” het Hy gesê, “gaan
verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ’n skat in
die hemel hê; en kom hier, neem die kruis op en volg My.”
Christus het aangetrokke gevoel tot hierdie jongman; Hy het
ge- weet dat hy opreg was met sy bewering, “Al hierdie dinge het
ek onderhou van my jeug af.” Die Verlosser het verlang om hom tot
daardie insig te bring wat hom in staat sou stel om die nodigheid in
te sien van toewyding, en Christelike goedheid. Hy het verlang om
’
n nederige en boetvaardige hart in hom te sien, bewus van die groot
liefde wat God toekom, en wat sy onvolmaaktheid sal verberg in die
volmaaktheid van Christus.
Jesus het in hierdie owerste juis die hulp gesien wat Hy nodig
gehad het as die jongman ’n medewerker van Hom sou word in die
verlossingswerk. As hy homself onder die leiding van Christus sou
stel, sou hy ’n krag ten goede word. Hierdie owerste sou Christus
baie goed kon verteenwoordig het, want hy het bevoegdhede gehad
wat, as hy homself met die Heiland sou verbind, van hom ’n godde-
like krag onder die mense sou gemaak het. Christus, wat sy karakter
gesien het, het hom liefgekry. Daar het liefde vir Christus ontstaan
in die owerste se hart; want liefde wek liefde. Jesus wou hom baie
graag as medewerker hê. Hy wou hom graag maak soos Hy self
was, ’n spieël wat die beeld van God sou weerkaats. Hy wou graag
sy karakter ontwikkel en dit heilig vir die Meester se diens. As die
owerste homself aan Christus sou oorgegee het, sou hy opgewas het
in die atmosfeer van Sy teenwoordigheid. As hy maar hierdie keuse
[528]
gedoen het, hoe anders sou sy toekoms nie gewees het nie!
“
Een ding kom jy kort,” het Jesus gesê. “As jy volmaak wil wees,
gaan verkoop jou besittings en gee dit vir die armes, en jy sal ’n skat
in die hemel hê; en kom hier, volg My.” Christus het die hart van
die owerste gelees. Hy het net een ding kortgekom, maar dit was ’n
lewensbelangrike beginsel. Hy het behoefte gehad aan die liefde van
God in sy siel. Hierdie tekortkoming, as dit nie aangevul word nie,
sou sy ondergang beteken; sy hele natuur sou verdorwe word. Deur
die botviering daarvan sou selfsug toeneem. Dus, om die liefde van
God te verkry, sou hy sy groot eieliefde moes opgee.
Christus het aan hierdie man ’n toets gestel. Hy het hom voor
die keuse gestel tussen die hemelse skat en wêreldse grootheid.