Page 474 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Een Ding Kom Jy Kort”
EN toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en
val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek
doen om die ewige lewe te beërwe ?
Die jongman wat hierdie vraag gestel het, was ’n owerste. Hy
was ryk aan besittings, en het ’n verantwoordelike posisie beklee.
Hy het die liefde van Christus gesien vir die kindertjies wat na Hom
gebring is; hy het gesien hoe tederlik Hy hulle ontvang en in Sy
arms opgeneem het, en daar het liefde in sy hart ontstaan vir die
Heiland. Hy het ’n begeerte gevoel om een van Sy dissipels te word.
Hy was so aangedaan, dat hy, toe Christus daar vertrek het, agter
Hom aan gehardloop en aan Sy voete neergekniel het, en Hom met
die grootste opregtheid en erns die vraag gestel het wat so belangrik
vir sy siel, en vir die siel van elke mens is, naamlik, “Goeie Meester,
wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?”
Waarom noem jy My goed?” het Christus gevra, “Niemand is
goed nie, behalwe Een, naamlik God.” Jesus wou hierdie owerste se
opregtheid toets, en hom laat sê waarom hy Hom as goed beskou
het. Sou hy besef het dat die Een wie hy aangespreek het die Seun
\
an God is? Wat was die ware gevoelens van sy hart?
Die owerste het ’n hoë dunk gehad van sy eie geregtigheid. Hy
het nie regtig gemeen dat hy in enige opsig kortgeskiet het nie, maar
[527]
hy was darem ook nie tevrede nie. Hy het gevoel dat daar iets was
wat hy nie gehad het nie. Sou Jesus hom nie ook kon seën soos die
kinder- tjies en sy sielshonger bevredig nie?
In antwoord op sy vraag het Jesus hom meegedeel dat gehoor-
saam- heid aan die gebooie van God nodig is as hy die ewige lewe
wil verkry; en Hy het verskeie van die gebooie aangehaal wat die
mens wys op sy pligte teenoor sy naaste. Die owerste se antwoord
was positief: “Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat
kom ek nog kort?”
Christus het in die gesig van hierdie jongman gekyk asof Hy sy
lewe gelees en sy karakter ondersoek het. Hy het hom liefgehad en
470