Page 473 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Jesus Seën die Kinders
469
Toe Jesus die dissipels beveel het om nie die kinders te belet om
na Hom toe te kom nie, het Hy tot Sy navolgers van alle eeue ge-
spreek — tot die beamptes van die kerk, die predikante, die helpers,
en alle Christene. Jesus trek die kinders, en Hy sê aan ons: Laat hulle
kom; dit is asof Hy wil sê, Hulle sal kom as julle hulle nie verhinder
nie.
Moenie u onchristelike karakter Jesus vals laat voorstel nie. Moe-
nie die kleintjies van Hom af weghou deur u kilheid en hardvog-
tigheid nie. Moet hulle nooit rede gee om te glo dat die hemel nie
vir hulle ’n heerlike plek sal wees-as u ook daar is nie. Moenie
[525]
van die gods- diens praat as iets wat kinders nie kan verstaan nie,
en moenie die indruk skep dat daar nie van hulle verwag word om
Christus in hulle kinderjare aan te neem nie. Moet hulle nie onder
die valse indruk bring dat die godsdiens van Christus ’n swartgallige
godsdiens is, en dat hulle, as hulle na die Heiland kom, alles wat die
lewe aangenaam maak, sal moet opgee nie.
Namate die Heilige Gees werk in die harte van die kinders, moet
u saam met Hom werk. Leer hulle dat die Here hulle roep, en dat
niks Hom groter vreugde sal gee as wanneer hulle hulleself aan Hom
oor- gee in die frisheid van hulle jeug nie.
Die Heiland bejeën met die grootste tederheid die siele wat Hy
met Sy eie bloed gekoop het. Sy liefde maak aanspraak op hulle.
Hy aanskou hulle met die sterkste verlange. Sy hart gaan uit, nie
net tot die kinders wat hulle goed gedra nie, maar ook tot die wat
siegte karaktertrekke oorgeërf het. Baie ouers verstaan nie hoe hulle
self in ’n groot mate aanspreeklik is vir daardie karaktertrekke in
hulle kinders nie. Hulle het nie die sagmoedigheid en wysheid om te
werk met die stout kinders wat hulle karakters van hulle ouers geërf
het nie. Maar Jesus bejeën hierdie kinders met medelyde. Hy weet
waarom die kinders so is.
Die Christenwerker kan ’n werktuig van Christus wees om die
kinders tot die Heiland te trek. Deur wysheid en takt kan hy hulle
vertroue win; hy kan hulle met moed en hoop besiel, en deur die
genade van Christus sal hy sien hoedat hulle van karakter veran-
der, sodat daar van hulle gesê kan word, “Aan sulkes behoort die
koninkryk van die hemele.”
[526]