468
DIE KONING VAN DIE EEUE
Ouers, by die opleiding van u kinders moet u die lesse studeer
wat God in die natuur gegee het. As u ’n roos of lelie of ander soort
blom wil kweek, hoe sou u dit doen? Vra die tuinier wat hy doen
om elke tak en blad so mooi te laat ontwikkel. Hy sal u vertel dat
dit nie deur onverskillige aanraking of swaar werk plaasvind nie,
want dit sou net die swak stingeltjies laat knak. Maar dit geskied
deur klein, werkies, dikwels gedoen. Hy het die grond klam gemaak,
die plantjies beskerm teen die sterk winde en teen die hitte van die
skroeiende son, en God het hulle laat groei en die pragtige blomme
voortgebring. Waar u met u kinders werk, moet u die metodes van
die blommekweker volg. Deur sagte aanraking, deur liefdesdiens,
moet u trag om hulle karakters te vorm volgens die patroon van die
karakter van Christus.
Moedig liefde tot God en tot mekaar aan. Die rede waarom daar
so baie hardvogtige mense in die wêreld is, is omdat ware liefde
as swakheid beskou word en ontmoedig en onderdruk word. Die
beter natuur van hierdie mense is in hulle kinderjare gesmoor; en
tensy die lig van goddelike liefde hulle kille selfsug laat wegsmelt,
sal hulle geluk vir ewig bederf wees. As ons wil hê dat ons kinders
die sag- moedige gees van Jesus, en die medelyde wat die engele
vir ons aan die dag lê, moet openbaar, moet ons grootmoedige en
liefdevolle drifte by ons kinders aanmoedig.
Leer die kinders om Christus in die natuur te sien. Neem hulle
uit na buite, na die tuin, onder die bome, en leer hulle om die open-
[524]
baring van Sy liefde te sien in Sy skepping. Leer hulle dat Hy wat
die wette gemaak het wat al die lewende dinge regeer, ook wette vir
ons gemaak het, en dat daardie wette vir ons vreugde en geluk daar-
gestel is. Moet hulle nie moegmaak met lang gebede en vervelende
prekery nie, maar leer hulle gehoorsaamheid aan die wet van God
deur die aanskouelike lesse van die natuur.
Namate u hulle vertroue in u win as navolgers van Christus, sal
dit maklik wees om hulle die groot liefde te leer waarmee Hy ons
liefgehad het. Waar u trag om die groot waarhede van die verlossing
aan hulle te verduidelik, en die kinders te wys op Christus as hulle
persoonlike Verlosser, sal engele aan u sy wees. Die Here sal aan
vaders en moeders genade skenk om die belangstelling van die
kindertjies op te wek in die pragtige verhaal van die Kindjie van
Betlehem, wat die hoop van die wêreld is.