Jesus Seën die Kinders
467
en Sy belangrike lesse te vereenvoudig om verstaanbaar te wees
vir hulle kindergemoed nie. In hulle harte het Hy die saadjies van
die waarheid geplant wat in later jare sou ontkiem en vrugte tot die
ewige lewe sou voortbring.
Dit is nog waar dat kinders die vatbaarste is vir die leer van die
evangelie; hulle hartjies is oop vir die goddelike invloede, en sterk
om die lesse te onthou wat geleer is. Klein kindertjies kan Christene
wees, met ’n ervaring volgens hulle jare. Hulle het behoefte aan on-
derrig in geestelike dinge, en ouers behoort hulle alle hulp te gee,
sodat hulle karakters kan vorm volgens die karakter van Christus.
Vaders en moeders behoort hulle kinders te beskou as jonger lede
van die Here se gesin, aan hulle toevertrou om opgelei te word vir
die hemel. Die lesse wat ons self van Christus leer, behoort ons aan
ons kinders te leer; namate die kinderverstand dit kan vat, moet die
skoon- heid van die beginsels van die hemel aan hulle verduidelik
word. Op hierdie manier word die Christelike huis n skool waar die
ouers as onderwysers optree, terwyl Christus die opperste leraar is.
Waar ons vir die bekering van ons kinders werk, moet ons nie
na die openbaring van emosie kyk as die vernaamste bewys van die
oortuiging van sonde nie. Ook is dit nie nodig om presies die tyd
te weet wanneer hulle tot bekering gekom het nie. Ons moet hulle
leer om hulle sondes na Jesus te bring, Hom om vergifnis te vra, en
te glo dat Hy hulle vergewe en hulle aanneem soos Hy die kinders
aangeneem het toe Hy hier op aarde was.
[523]
Waar ’n moeder haar kinders leer om haar te gehoorsaam omdat
hulle haar liefhet, leer sy hulle die eerste lesse van die Christelike
lewe. Die liefde van die moeder stel vir die kind die liefde van Chris-
tus voor, en die kleintjies wat hulle moeder vertrou en gehoorsaam,
leer daardeur om die Heiland te vertrau en te gehoorsaam.
Jesus was ’n voorbeeld vir die kinders, en Hy was ook ’n voor-
beeld vir vaders. Hy het gespreek soos iemand wat gesag het, en
Sy woord was met krag; maar nogtans, in al Sy aanrakings met
onbeskofte en gewelddadige manne het Hy nie een onvriendelike
of onhoflike woord geuiter nie. Die genade van Christus in die hart
sal ’n hemelse waardigheid en fatsoenlikheid gee. Dit sal alles wat
hard is, versag, en alles wat onbeskof en onvriendelik is, onderdruk.
Dit sal vaders en moeders beweeg om hulle kinders te behandel as
intelligente wesens, net soos hulle self behandel wil wees.