466
DIE KONING VAN DIE EEUE
Dit het die moeders getroos. Hulle is terug na hulle huise, gesterk
en geseën deur die woorde van Christus. Hulle is bemoedig om hulle
laste blymoedig te dra, en hoopvol te werk vir hulle kinders. Die
moeders van vandag moet Sy woorde met dieselfde geloof aanneem.
Christus is vandag nog net so gewis ’n persoonlike Saligmaker as
wat Hy was toe Hy as mens onder die mense gewoon het. Hy is
nog net so gewis die Helper van moeders as wat Hy was toe Hy die
kindertjies in Judea in Sy arms opgeneem het. Die kinders van ons
gesinne is net soseer deur Sy bloed gekoop as die kinders van lank
gelede.
Jesus ken die sorge van elke moederhart. Hy wat self ’n moeder
gehad het wat armoede en ontbering verduur het, het medelyde met
elke moeder in haar werk. Hy wat die lang reis onderneem het om
die kwelling te stil in die hart van ’n Kanaänitiese vrou, sal net
soveel doen vir die moeders van vandag. Hy wat aan die wuduwee
van Nain haar enigste seun uit die dode teruggegee het, en wat in Sy
foltering aan die kruis aan Sy eie moeder gedink het, word vandag
nog geraak deur ’n moeder se droefheid. In elke droefheid en in elke
nood sal Hy vertroosting en hulp gee.
Laat moeders na Jesus kom met hulle moeilikhede. Hy sal hulle
genoeg genade gee om hulle kinders te regeer. Die poorte is oop vir
elke moeder wat haar laste aan die voete van die Heiland wil lê. Hy
wat gesê het, “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om
na My te kom nie,” nooi vandag nog die moeders om die kleintjies
te bring sodat Hy hulle kan seën. Selfs ’n baba in sy moeder se arms
[521]
kan in die skaduwee van die Almagtige skuil deur die geloof van
[522]
die biddende moeder. Johannes die Doper is met die Heilige Gees
vervul by sy geboorte. As ons maar in gemeenskap met God wou
lewe, mag ons ook verwag dat die goddelike Gees ons kindertjies
sal vorm, selfs van hulle eerste oomblikke af.
In die kinders wat na Hom toe gebring is, het Jesus die manne
en vroue gesien wat die erfgename van Sy genade, en die onderdane
van Sy koninkryk sou. wees, en sommige waarvan martelare vir Sy
ontwil sou word. Hy het geweet dat daardie kinders na Hom sou
luister en Hom sou aanneem as hulle Verlosser meer geredelik as
die volwassenes, baie waarvan eiewys en hard van hart was. In Sy
leer het Hy afgedaal tot hulle peil. Hy, die majesteit van die hemel,
het nie te veel van Homself gedink om hulle vrae te beantwoord