Page 469 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Jesus Seën die Kinders
JESUS het altyd die kinders liefgehad. Hy het hulle kinderlike
medelyde en hulle hartlike, ongeveinsde liefde aangeneem. Die
dankbare lof van hulle reine lippe was soos musiek in Sy ore, en
wanneer Hy terneergedruk was na aanraking met sluwe, skynheilige
mense, het dit Sy gees verkwik. Waar die Heiland ook gegaan het,
het Sy goedige gelaat, en Sy sagmoedige, vriendelike houding, die
liefde en vertroue van die kinders gewin.
Onder die Jode was dit die gewoonte om kinders na die een of
ander rabbi te bring om hulle te seën deur die oplegging van hande;
maar die Heiland se dissipels het gemeen dat Sy werk te belangrik
was om op hierdie wyse onderbreek te word. Toe die moeders na
Hom toe gekom het met hulle kinders, het die dissipels hulle afkeu-
rend aange- kyk. Hulle het gemeen dat die kinders te jonk was om
te baat by ’n besoek aan Jesus, en dat hulle aanwesigheid Hom nie
sou behaag nie. Maar dit was die dissipels wat Hom mishaag het.
Die Heiland was bekend met die sorge en laste van die moeders wat
graag hulle kinders wou opvoed volgens die Woord van God. Hy het
hulle gebede verhoor. Dit was Hy self wat hulle tot Hom getrek het.
[520]
Een moeder het haar huis met haar kind verlaat om na Jesus te
gaan. Op weg het sy een van haar bure vertel waarheen sy gaan,
en die buurvrou wou graag hê dat Jesus ook haar kinders moes
seën. So het verskeie moeders saamgegaan en hulle kinders gebring.
Sommige van die kinders was nie meer suigelinge nie, maar het
reeds hulle jonge- lingsjare bereik. Toe die moeders die doel van
hulle besoek verdui- delik het, het Jesus met medelyde na hulle
geluister. Maar Hy het gewag om te sien hoe die dissipels hulle sou
behandel. Toe Hy sien dat hulle die moeders wegstuur, dinkende dat
hulle Hom daardeur ’n guns bewys, het Hy hulle gewys op hulle
fout deur te sê, “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om
na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die
hemele.” Hy het die kindertjies in Sy arms geneem, Sy hande op
hulle gelê, en hulle geseën.
465