464
DIE KONING VAN DIE EEUE
tigheid van die wêreld se grotes nie, maar deur die inplanting van
Christus se natuur in die mens deur die werking van die Heilige
Gees. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag
gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n
man nie, maar uit God gebore is.” Joh. 1: 12, 13.
Hier is die enigste krag wat kan werk vir die opheffing van die
mensdom. En die menslike middel vir die volvoering van hierdie
werk is die leer en die beoefening van die Woord van God.
Toe die apostel Paulus sy werk in Korinthe begin het, daardie
dig- bewoonde, ryk, en bose stad, besoedel deur die veelvuldige eu-
wels van die heidendom, het hy gesê, “Want ek het my voorgeneem
om niks onder julle te weet nie, behalwe Jesus Christus, en Hom as
gekruisigde.” 1 Kor. 2:2. Toe hy later geskryf het aan sommige wat
deur die vuilste sondes besoedel was, kon hy sê, “En dit was som-
mige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig,
maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur
die Gees van onse God.” “Ek dank my God altyd oor julle vir die
genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is.” 1 Kor. 6:
11; 1: 4.
Vandag, net soos in die tyd van Christus, is die werk van Gods
koninkryk nie by diegene wat aandring op die erkenning en on-
dersteuning van aardse regeerders en menslike wette nie, maar by
diegene wat daardie geestelike waarhede in Sy Naam aan die mense
verkondig, wat daardie geestelike ervaring aan die hoorders sal gee
wat Paulus gehad het: “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie
meer nie, maar Christus leef in my.” Gal. 2: 20. Dan ook sal hulle
werk soos Paulus gewerk het vir die seën van mense. Hy het gesê,
“
Ons tree dan op as gesante om Christus ontwil, asof God deur
ons vermaan. Ons bid julle om Christus ontwil: Laat julle met God
versoen.” 2 Kor. 5: 20.
[519]