Nie Met Sigbare Tekens nie
463
verkeerd verstaan, en verdruk deur die priesters en Fariseërs van
hulle tyd.
Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. Die
evangelie van die genade, met sy gees van selfverloëning, kan nooit
in harmonie met die gees van die wêreld wees nie. Die twee beginsels
is in stryd met mekaar. “Maar die natuurlike mens neem die dinge
van die Gees van God nie aan nie. Want dit is vir hom dwaasheid,
en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”
1
Kor. 2: 14.
Maar in die godsdienstige wêreld is daar vandag groot getalle
wat, soos hulle glo, werk vir die oprigting van die koninkryk van
Christus as ’n aardse, stoflike regering. Hulle wil die Here die koning
maak van die aardse koninkryke van hierdie wêreld; regeerder in
sy howe en kampe, in sy wetgewende rade, en in sy paleise. Hulle
verwag dat Hy sal regeer deur wette, uitgevoer deur menslike gesag.
Aangesien Christus nie vandag persoonlik hier is nie, meen hulle
om self in Sy plek te handel en om die wette van Sy koninkryk te
handhaaf. Die oprigting van so ’n koninkryk is presies wat die Jode
in die tyd van Christus begeer het. Hulle sou Jesus aangeneem het,
as Hy gewillig was om ’n stoflike koninkryk op te rig, die wette wat
hulle beskou het as die wette van God, toegepas, en as Hy hulle as
Sy agente en die verklaarders van Sy wil aangestel het. Maar Hy het
gesê, “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” Joh. 18: 36. Hy
wou nie hierdie aardse troon hê nie.
Die regering waaronder Jesus geleef het, was verrot en onder-
drukkend; orals was daar skreiende onreg — afpersing, onverdraag-
saamheid, en verskriklike wreedheid. En tog het die Heiland nie
burgerlike hervormings gemaak nie. Hy het die nasionale onregte
nie aangeval, of die nasionale vyande veroordeel nie. Hy het Hom
[518]
nie bemoei met die gesag en administrasie van die owerheid nie. Hy
wat ons voorbeeld was, het Hom nie met aardse regerings ingemeng
nie, nie omdat Hy onverskillig gestaan het teenoor die menslike
eilendes nie, maar omdat die oplossing nie gevind sou word in bloot
menslike en uiterlike maatreëls nie. Om doelmatig te wees, moes
die geneesmiddel die indiwidu bereik, en wedergeboorte in die hart
bewerk.
Die koninkryk van Christus sal nie opgerig word deur uitsprake
van howe, of rade of parlemente nie; ook nie deur die goedguns-