462
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Wondermens wat Johannes aangekondig het, was reeds in hulle
midde vir meer as dertig jaar, en hulle het Hom nie werklik geken
as die Een van God gestuur nie. Die dissipels het hulleself verwyt
omdat hulle toegelaat het dat die heersende ongeloof hulle opinies
beïnvloed en hulle verstand benewel. Die Lig van hierdie donker
wêreld het in die duisternis geskyn, en hulle het nie verstaan waar-
vandaan die strale gekom het nie. Hulle het hulleself afgevra waarom
hulle ’n weg ingeslaan het wat dit nodig gemaak het vir Christus om
hulle te bestraf. Hulle het dikwels Sy gesprekke herhaal, en gevra:
Waarom het ons toegelaat dat aardse beweegredes en die teenstand
van die priesters en rabbi’s ons verstand benewel sodat ons nie kon
besef dat Iemand groter as Moses in ons midde was, en dat Een
wyser as Salomo ons geleer het nie? Hoe traag was ons ore! Hoe
swak ons verstand!
Thomas wou nie glo alvorens hy sy vinger in die wonde kon steek
wat deur die Romeinse soldate gemaak is nie. Petrus het Hom ver-
loën in Sy vernedering en verwerping. Hierdie pynlike herinneringe
het helder in hulle geheue gekom. Hulle het met Hom gewandel,
maar hulle het Hom nie geken of gewaardeer nie. Maar hoe het
hierdie dinge nie nou hulle harte ontroer namate hulle hulle ongeloof
besef het nie!
Toe die priesters en owerstes begin saamspan het teen hulle, en
hulle voor die raad gebring en in die gevangenis gewerp is, het die
navolgers van Christus hulle verbly “dat hulle waardig geag was’om
vir Sy Naam oneer te ly.” Hand. 5:41. Hulle was bly om voor mense
en engele te getuig dat hulle die heerlikheid van Christus gesien het,
en verkies het om Hom te volg al moes hulle ook alle ander dinge
skade ly.
[517]
Dit is vandag net so waar as in apostoliese dae dat die mens,
sonder die verligting van die Heilige Gees, nie die heerlikheid van
Christus kan sien nie. Die waarheid en die werk van God word nie
waardeer deur ’n wêreldgesinde Christendom nie. Die navolgers van
die Meester word nie gevind op die maklike pad of in die weë van
aardse eer en gelykvormigheid aan die wêreld nie. Ons sal hulle daar
op die voorpunt kry in die weë van werk, vernedering, en smaad,
vegtende teen “owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
Efe. 6: 12. En vandag, net soos in die tyd van Christus, word hulle