Nie Met Sigbare Tekens nie
461
het in herinnering gekom, en hulle was soos mense wat uit ’n droom
wakkergeskrik het. Hulle het besef dat “die Woord vlees geword en
onder ons gewoon [het] — en ons het Sy heerlikheid aanskou, ’n
heerlikheid soos van die Enigge- borene wat van die Vader kom —
vol van genade en waarheid.” Joh. 1: 14. Christus het inderwaarheid
van God gekom na ’n sondige wêreld en om die gevalle seuns en
dogters van Adam te red. Nou dat die dissipels dit besef het, het hulle
hulleself van baie minder belang geag. Hulle het nooit moeg geword
om van Sy woorde en werke te praat nie. Sy lesse, wat hulle eers so
vaag begryp het, het nou tot hulle met nuwe helderheid gekom. Die
Skrifte was vir hulle soos ’n nuwe boek.
Namate die dissipels die profesieë wat van Christus getuig, on-
der-soek het, is hulle in gemeenskap gebring met die Godheid, en
hulle het van Hom geleer wat na die hemel opgevaar het om die werk
te volbring wat Hy op die aarde begin het. Hulle het die feit besef
dat daar in Hom kennis geskuil het wat geen mens, sonder goddelike
hulp, kon verstaan nie. Hulle het die hulp nodig gehad van Hom wat
deur konings en profete en regverdige mense voorspel is. Met ver-
basing het hulle die beskrywing van Sy karakter en werk gelees en
herlees. Hoe vaag was hulle begrip van die profetiese skrifgedeeltes!
Hoe stadig was hulle om die groot waarhede te verstaan wat getuig
het van Christus! Waar hulle Hom aanskou het in Sy vernedering toe
Hy as mens onder die mense gewandel het, het hulle nie die misterie
van Sy menswording en die dubbele karakter van Sy natuur begryp
nie. Hulle oë is gehou sodat hulle nie die godheid in die mensheid
ten volle herken het nie. Maar nadat hulle deur die Heilige Gees
verlig is, hoe het hulle nie verlang om Hom weer te sien en hulle aan
Sy voete neer te werp nie! Hoe het hulle begeer om na Hom te gaan
[516]
om die Skrifte te verduidelik wat hulle nie kon verstaan nie! Hoe
aandagtig sou hulle nie na Sy woorde luister nie! Wat het Christus
bedoel toe Hy gesê het, “Nog baie dinge het Ek om vir julle te sê,
maar julle kan dit nou nie dra nie”? Joh. 16: 12. Hoe graag wou
hulle nou alles weet! Hulle was baie spyt dat hulle geloof so swak
was, dat hulle idees so verkeerd was, en dat hulle nie daarin geslaag
het om die werklikheid te begryp nie.
God het ’n heraut gestuur om die koms van Christus te verkon-
dig, en die aandag van die Joodse volk en die wêreld te vestig op
Sy sending, sodat die mense gereed kon wees om Hom te ontvang.