Page 464 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Nie Met Sigbare Tekens nie
SOMMIGE van die Fariseërs het na Jesus gekom en gevra “wan-
neer die koninkryk van God sal kom.” Meer as drie jaar het verloop
sedert Johannes die Doper soos met basuingeskal die boodskap deur
die hele land laat weerklink het, “Die koninkryk van die hemele het
naby gekom.” Matt. 3:2. En die Fariseërs het destyds nog geen teken
van die oprigting van die koninkryk gesien nie. Baie van diegene wat
die boodskap van Johannes verwerp en Jesus op elke stap weerstaan
het, het geskimp dat Sy sending ’n mislukking was.
Jesus het geantwoord, “Die koninkryk van God kom nie met
sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie;
want die koninkryk van God is binne-in julle.” Die koninkryk van
God begin in die hart. Moenie hier of daar kyk vir die openbaring
van aardse mag om die koninkryk in te lei nie.
Daar sal dae kom,” het Hy aan Sy dissipels gesê, “wanneer julle
sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en
julle sal dit nie sien nie. Omdat dit nie met aardse vertoon gepaard
gaan nie, loop julle gevaar om nie die heerlikheid van My sending
te sien nie. Julle besef nie watter groot voorreg julle nou het om
Hom, alhoewel Hy in menslike vlees skuil, onder julle te hê wie die
lewe en lig van die mense is nie. Die dae sal kom wanneer julle met
verlange sal terugkyk op die geleenthede wat julle nou het om te
wandel en gemeenskap te hê met die Seun van God.
[515]
Omrede hulle selfsug en aardsgesindheid, het selfs die dissipels
van Jesus nie die geestelike heerlikheid begryp wat Hy graag aan
hulle wou openbaar nie. Dit was eers ná die hemelvaart van Chris-
tus, en die uitstorting van die Heilige Gees op die gelowiges, dat
die dissipels ten volle die Heiland se karakter en sending verstaan
het. Nadat hulle met die Heilige Gees gedoop is, het hulle begin
besef dat hulle werklik in die teenwoordigheid van die Here van
die heerlikheid was. Waar hulle herinner is aan die gesegdes van
Christus, is hulle verstand geopen om die profesieë te verstaan, en
ook die wonderwerke wat Hy gedoen het. Die wonders van Sy lewe
460