Die Barmhartige Samaritaan
459
soos genesende balsem sal wees vir die verwonde. Vele, vele het
moed opgegee in die groot stryd van die lewe, wanneer een woordjie
van aanmoediging hulle krag sou gegee het om te oorwin. Ons moet
nooit ’n lydende siel verbygaan sonder om hom aan te moedig met
die troos waarmee God ons vertroos nie.
Dit alles is slegs ’n vervulling van die beginsel van die wet — die
beginsel wat toegelig is deur die verhaal van die barmhartige Sama-
ritaan, en geopenbaar in die lewe van Jesus. Sy karakter openbaar
die ware betekenis van die wet, en toon aan wat bedoel word met
naaste- liefde. En wanneer die kinders van God barmhartigheid,
vriendelik- heid, en liefde openbaar teenoor alle mense, dan getuig
hulle vir die aard van die verordeninge van die hemel. Hulle bevestig
die feit dat “die wet van die Here volmaak [is]: dit verkwik die siel.”
Ps.
19: 8.
En wie nalaat om hierdie liefde te betoon, breek die wet
wat hy voorgee om te eerbiedig. Want die gees wat ons openbaar
teenoor ons broeders, verkondig wat ons gees teenoor God is. Liefde
tot God in ons harte is die enigste bron van liefde vir ons naaste. “As
iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar;
want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy
God liefhê wat hy nie gesien het nie?” “As ons mekaar liefhet, dan
bly God in i ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.” 1 Joh. 4:
20, 12.
[514]