Page 462 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

458
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sy lewe gegee om ons te verlos. Wysende na Sy eie voorbeeld, sê Hy
aan Sy navolgers, “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.”
Soos Ek julle lief gehad het, moet julle ook mekaar liefhê.”Joh. 15:
17; 13: 34.
Die wetgeleerde se vraag aan Jesus was, “Wat moet ek doen?”
En Jesus, wat liefde tot God en naasteliefde erken as die samevatting
van geregtigheid, het gesê, “Doen dit, en jy sal lewe.” Die Sama-
ritaan het gehandel uit ’n vriendelike en liefdevolle hart, en daarin
het hy homself bewys as ’n onderhouer van die wet. Christus het die
wetge-
leerde beveel, “Gaan en doen jy net so.” God verwag van Sy
kinders om nie net te sê nie, maar ook om te doen. “Hy wat sê dat hy
in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” 1
Joh. 2: 6.
Die les is vandag nog net so nodig in die wêreld as toe Christus
dit I gegee het. Selfsug en kille vormdiens het die vlam van die liefde
bykans uitgeblus, en die deugde verdring wat die karakter ’n soete
I geur sou gemaak het. Baie wat Sy Naam bely, het die feit uit die
oog verloor dat Christene Christus moet verteenwoordig. Tensy daar
daadwerklike selfopoffering vir ander is in die gesin, in die buurt, in
die gemeente, of waar ons ook al is, is ons nie Christene nie, al bely
ons ook wat.
Christus het Sy belange met die van die mensdom verbind, en
Hy vra ons om onsself met Hom te vereenselwig in die redding van
die mensdom. “Julie het dit verniet gekry,” het Hy gesê, “gee dit
[513]
verniet.” Matt. 10: 8. Die sonde is die grootste van alle euwels, en
ons moet ons oor die sondaar ontferm en hom help. Daar is baie
wat sondig en hulle baie skaam daaroor. Hulle verlang na woorde
van bemoediging. Hulle dink oor hulle foute en dit maak hulle byna
wanhopig. Ons moet hierdie siele help. As ons Christene is, sal
ons nie aan die anderkant verbygaan en onsself sover as ons maar
kan van hierdie mense verwyder wat juis ons hulp so nodig het
nie. Wanneer ons mense in eilende sien, of dit deur siekte of sonde
veroorsaak is, moet ons nooit sê, Dit gaan my nie aan nie.
As ’n mens ewenwel deur een of ander misdaad oorval word,
moet julle wat geestelik is, so een reg help met die gees van sag-
moedig- heid.” Gal. 6:1. Die vyand moet teruggedruk word deur
geloof en gebed. Spreek woorde van geloof en aanmoediging wat