Page 461 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Barmhartige Samaritaan
457
was nie. As dit ’n Jood was, het die Samaritaan goed geweet dat, as
die skoen aan die ander voet was, die man in sy gesig sou gespuug
en hom veragtend sou verbygegaan het. Maar hy het nie ondersoek
inge- stel nie. Hy het nie aan sy eie gevaar gedink waaraan hy in
daardie plek blootgestel was nie. Dit was genoeg vir hom dat daar
voor hom n mens was wat in nood en lyding verkeer het. Hy het sy
eie kleed uitgetrek om die man te bedek. Die olie en wyn wat hy vir
sy eie reis gehad het, het hy gebruik om die man se wonde mee te
verbind. Hy het hom op sy esel gehelp en hy is stadig met hom voort,
sodat die vreemdeling nie rondgeskud word en dus verdere pyn moes
verduur nie. Hy het hom na die herberg gebring, en hom daardie nag
versorg en by hom gewaak. Die volgende more was die siek man
beter, en die Samaritaan is voort op sy reis. Voordat hy egter vertrek
het, het hy die man aan die sorg van die herbergier toevertrou, die
verblyfkoste betaal, en nog ’n verdere som aan hom gegee om aan
die siek man te bestee; en as daar nog meer onkoste was, het hy aan
die herbergier gesê, “Sal ek jou betaal as ek terugkom.”
Aan die slot van die verhaal het Jesus Sy oë op die wetgeleerde
gevestig met ’n blik wat skynbaar sy siel gelees het, en gesê, “Wie
dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die
rowers verval het?” Lukas 10: 36.
Selfs nou nog wou die wetgeleerde nie die naam Samaritaan op
sy lippe neem nie, en hy het geantwoord, “Hy wat barmhartigheid
aan hom bewys het.” Toe het Jesus gesê, “Gaan en doen jy net so.”
[511]
[512]
So is dan die vraag: Wie is my naaste? vir altyd beantwoord,
Christus het aangetoon dat ons naaste nie net persone is wat aan
dieselfde kerk behoort as ons nie. Hulle is nie beperk tot ras of kleur
of klas nie. Ons naaste is enige persoon wat ons hulp nodig het. Ons
naaste is elke siel wat verwond is deur die vyand. Ons naaste is elke
mens wat die eiendom van God is.
In die verhaal van die barmhartige Samaritaan, het Jesus ons ´n
beeld van Homself en Sy werk gegee. Die mens is bedrieg, verwond,
beroof en geruïneer deur die Satan, en aan sy lot oorgelaat; maar
die Heiland het Hom ontferm oor ons ellende. Hy het Sy heerlike
woning verlaat en tot ons hulp gekom. Hy het ons sterwende gevind,
en Hy het ons saak opgeneem. Hy het ons wonde verbind. Hy het ons
bedek met Sy kleed van geregtigheid. Hy het vir ons ’n toevlugsoord
geword, en volkome voorsiening gemaak vir ons onderhoud. Hy het