Page 460 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

456
DIE KONING VAN DIE EEUE
gelê het, sodat hulle sy behoefte aan genade en hulp kon besef. Die
hele hemel het gewag om te sien of hierdie manne met ontferming
bewoë sou word oor menslike lyding. Die Heiland was die Een
wat die Hebreërs onderrig het in die woestyn; uit die wolk- en die
vuurkolom het Hy hulle ’n les geleer wat baie verskil het van die
wat die mense nou van hulle priesters en leraars ontvang het. Die
genadige voorskrifte van die wet het selfs ook die diere ingesluit
wat nie kan praat en vertel van hulle ontberings en lyding nie. Deur
Moses is die volgende voorskrifte aan die kinders van Israel gegee:
As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy
dit sekerlik vir hom terugbring. As jy jou vyand se esel onder sy
pak sien lê, dan moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie:
jy moet dit sekerlik saam met hom losmaak.” Exod. 23: 4, 5. Maar
in die man wat deur die rowers verwond is, het Jesus die saak van
n broeder in lyding voorgestel. Hoeveel te meer behoort ons harte
in ontferming tot hom uit te gaan as tot ’n stomme lasdier! Deur
Moses is die boodskap aan hulle gegee dat die Here hulle God, “die
grote, magtige en gedugte God,” reg verskaf “aan die wees en die
weduwee” en die vreemdeling liefhet. Daarom het Hy beveel, “moet
julle die vreemdeling liefhê.” “Jy moet hom liefhê soos jouself.”
Deut. 10: 17-19; Lev. 19: 34.
Job het gesê, “Die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my
deur het ek oopgemaak na die pad toe.” En toe die twee engele in
die vorm van twee manne na Sodom gekom het, het Lot homself
na die aarde neergebuig en gesê, “Ag, menere, draai tog uit na die
[510]
huis van u dienaar en bly die nag oor.” Job 31: 32; Gen. 19: 2. Die
priester en Leviet was bekend met al hierdie lesse, maar hulle het dit
nie in die praktyk gebring nie. Opgelei in die skool van nasionale
bekrompenheid, het hulle selfsugtig, eng, en eksklusief geword. Toe
hulle die verwonde man gesien het, kon hulle nie vasstel of hy aan
hulle volk behoort het nie. Hulle het gedink dat hy moontlik ’n
Samaritaan kon wees, en hulle het verbygegaan.
In hulle handelwyse, soos Christus beskryf het, het die wetge-
leerde niks gesien wat teenstrydig was met wat hy geleer was oor die
vereistes van die wet nie. Maar nou word die toneel verder beskryf:
n Sekere Samaritaan wat op reis was, het gekom tot die plek
waar die verwonde man gelê het; hy het hom gesien en hom oor die
man ontferm. Hy het nie gevra of die vreemdeling ’n Jood of heiden