Page 459 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Barmhartige Samaritaan
455
“’
n Sekere man,” het Jesus gesê, “het afgegaan van Jerusalem
na Jerigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en
geslaan het, gaan hulle weg en laat hom halfdood lê. En toevallig
het ’n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan
hy ander- kant verby. En net so ook het ’n Leviet by die plek gekom,
en hom gesien en anderkant verbygegaan.” Lukas 10: 30-32. Dit
was nie ’n denkbeeldige toneel nie, maar ’n werklike gebeurtenis
wat bekend was net soos dit voorgestel is. Die priester en die Leviet
wat anderkant verbygegaan het, was albei onder die gehoor, en het
geluister na Christus se woorde.
Op reis van Jerusalem na Jerigo moes reisigers deur ’n deel van
die woestyn van Judea gaan. Die pad het in ’n woeste, rotsagtige
kloof afgegaan, waarin rowers skuilgehou het; en dikwels is daar
geweld gepleeg. Dit was daar waar die man aangeval, en beroof en
verwond en halfdood agtergelaat is. Terwyl hy daar gelê het, het daar
n priester verbygekom, maar hy het net in die verbygaan na die man
gekyk. Toe het daar ’n Leviet gekom; nuuskierig om te weet wat
gaande was, het hy gaan staan en het na die verwonde man gekyk.
Hy was oortuig van wat hy behoort te doen, maar dit was vir hom nie
n aangename plig nie. Hy het gewens dat hy liewer nie met daardie
pad gekom het en dus nie die verwonde man gesien het nie. Hy het
toe besluit dat dit ’n saak was wat hom nie aangaan nie.
Albei hierdie manne was in die heilige bediening, en hulle het
voorgegee dat hulle die Skrifte kon verklaar. Hulle was uit ’n klas
wat spesiaal gekies is om God onder die mense te verteenwoordig.
[509]
Hulle moes saamgevoel het “met die onwetendes en dwalendes”
(
Heb. 5:2), sodat ander Gods groot liefde vir die mensdom kon
verstaan. Die werk wat hulle geroep was om te doen, was dieselfde
wat Jesus beskryf het as Sy eie toe Hy gesê het, “Die Gees van die
Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die
armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is,
te genees; om aan gevangene vrylating te verkondig en aan blindes
die herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur.”
Lukas 4: 18, 19.
Die engele van die hemel sien die droefheid van Gods kinders
op die aarde, en hulle is bereid om saam te werk met mense om
verdrukking en lyding te versag. In Sy voorsienigheid het God die
priester en die Leviet met daardie pad laat loop waar die verwonde