454
DIE KONING VAN DIE EEUE
nie moontlik is om een gebod te hou en die ander te oortree nie, want
dieselfde beginsel geld vir almal. Die mens se ewige lot sal beslis
word deur sy gehoorsaamheid aan die hele wet. Volkome liefde vir
God, en onpartydige liefde vir die mens, is die twee beginsels wat
uitgeleef moet word.
Die wetgeleerde het ontdek dat hy ’n oortreder van die wet
was. Hy het tot oortuiging gekom onder Christus se deurdringende
woorde. Die geregtigheid van die wet wat hy voorgegee het om te
verstaan, het hy nie uitgeleef nie. Hy het nie liefde betoon aan sy
medemens nie. Daar was bekering nodig; maar pleks van homself te
bekeer, het hy geprobeer om homself te regverdig. Liewer as om die
waarheid te erken, het hy geprobeer om te wys hoe moeilik dit is om
die gebod te onderhou. So het hy gehoop om oortuiging te ontduik
en homself te regverdig voor die mense. Die Heiland se woorde het
aangetoon dat sy vraag onnodig was aangesien hy in Staat was om
dit self te beantwoord. Maar hy het weer ’n ander vraag gestel, en
gevra, “Wie is my naaste?”
Onder die Jode het hierdie vrae eindelose stryery uitgelok. Wat
die heidene en die Samaritane betref het, was daar by hulle geen
vraag nie; hulle was vreemdelinge en vyande. Maar sou hulle on-
derskeid maak tussen die mense van hulle eie volk, en tussen die
verskillende klasse van die samelewing? Wie moes die priester,
die rabbi, en die ouderling beskou as hulle naaste? Hulle het hulle
lewens bestee aan ’n reeks seremonies om hulleself rein te maak.
Kontak met ’n onge- leerde en onverskillige skare, het hulle gedink,
[508]
sou hulle besoedel en baie werk kos om weer rein te word. Moes
hulle die “onreines” beskou as hulle naaste?
Weer het Jesus geweier om in ’n stryery gewikkel te raak. Hy
het nie die bekrompenheid veroordeel van diegene wat op die loer
was om Hom te veroordeel nie, maar deur ’n eenvoudige verhaal
het Hy voor Sy toehoorders ’n prentjie opgehang van hemelse liefde
wat alle harte aangeraak het, en wat die wetgeleerde die waarheid
laat bely het.
Die manier om duisternis te verdryf, is deur die lig te bring. Die
beste manier om dwaalleer te bestry, is deur die waarheid voor te
stel. Dit is die openbaring van Gods liefde wat die verdorwenheid
en sonde aantoon van die hart wat net vir homself lewe.