Page 457 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Barmhartige Samaritaan
IN die verhaal van die barmhartige Samaritaan het Christus ’n
illus- trasie van ware godsdiens gegee. Hy het aangetoon dat dit nie
uit stelsels, leer, of rites bestaan nie, maar in die doen van liefdesdade,
die betoning van liefde aan ander, en in ware goedheid.
Terwyl Christus die mense geleer het, “het ’n sekere wetgeleerde
opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek
doen om die ewige lewe te beërwe?” Met die grootste belangstelling
het die groot skare gewag op die antwoord. Die priesters en rabbi’s
het gehoop om Christus in ’n strik te lei deur die wetgeleerde hierdie
vraag te laat stel. Maar die Heiland het hom nie in ’n stryd laat
wikkel nie. Hy het die vraer self sy vraag laat beantwoord, deur
te vra: “Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?” Die Jode het
volgehou met hulle beskuldiging dat Jesus die wet, op Sinai gegee,
lig opgeneem het; maar Hy het die vraag van die saligheid verbind
met die onderhouding van Gods gebooie.
Die wetgeleerde het geantwoord, “Jy moet die Here jou God
liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit
jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.” Daarop het Jesus gesê,
Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.”
[507]
Die wetgeleerde Die wetgeleerde was nie tevrede met die posisie
en werke van die Fariseërs nie. Hy het die Skrifte ondersoek met ’n
begeerte om te weet wat alles werklik beteken het. Die saak was vir
hom van lewens- belang, en hy het in alle opregtheid gevra, “Wat
moet ek doen?” In sy antwoord oor die vereistes van die wet, het
hy al die gebooie oor die seremonies en die rituaal laat links lê.
Hy het nie waarde daaraan geheg nie, maar hy het die twee groot
grondbeginsels genoem waaraan die hele wet en die profete hang.
Hierdie antwoord, wat Christus geprys het, het Hom die voorsprong
op die rabbi’s gegee. Hulle kon Hom nie veroordeel omdat Hy die
antwoord goedgekeur het wat deur ’n wetgeleerde gegee is nie.
Doen dit, en jy sal lewe,” het Jesus gesê. Hy het die wet voorge-
stel as ’n goddelike geheel, en in hierdie les het Hy aangetoon dat dit
453