Page 456 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

452
DIE KONING VAN DIE EEUE
dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind.”
Lukas 15: 32, 24. En waar hulle uitgegaan het in die Naam van hulle
Meester, en smaad, armoede, en vervolging getrotseer het, het hulle
hulle harte dikwels versterk deur die herhaling van Sy trooswoorde
op Sy laaste reis, “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle
Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te
gee. Verkoop julle besittings en gee aalmoes; maak vir julle beurse
wat nie oud word nie, ’n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar
geen dief bykom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal
julle hart ook wees.” Lukas 12: 32-34
[506]