Page 455 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Lauste Reis uit Galilea”;
451
Baie leersaam was die lesse wat Christus geleer het waar Hy
lang- saam Sy weg van Galilea na Jerusalem gebaan het. Gretig het
die mense na Sy woorde geluister. In Perea, net soos in Galilea, was
die mense minder onder die invloed van Joodse bekrompenheid as
in Judea, en Sy leer het weerklank gevind in hulle harte.
Gedurende hierdie laaste maande van Sy bediening, het Christus
baie van Sy gelykenisse geleer. Die priesters en rabbi’s het Hom
met toenemende bitterheid agtervolg, en Hy het Sy waarskuwings
aan hulle in simboliese taal geuiter. Hulle kon nie Sy bedoeling
misverstaan nie, maar in Sy woorde kon hulle niks vind om ’n
aanklag op te grond nie. In die gelykenis van die Fariseër en die
tollenaar, het die bede van selfvoldaanheid, “O God, ek dank U dat ek
nie soos die ander mense is nie,” skerp afgesteek by die boetvaardige
se gebed, “O God, wees my, sondaar, genadig!” Lukas 18: 11, 13.
So het Christus die skyn- heiligheid van die Jode bestraf. En met
die beeide van die ver-droogde vyeboom, en die groot maaltyd, het
Hy die ondergang voorspel van die onboetvaardige volk. Diegene
wat die uitnodiging tot die evangeliefees veronagsaam het, het die
waarskuwing gehoor: “Want Ek sê vir julle dat nie een van daardie
manne wat genooi is, My maaltyd sal smaak nie.” Lukas 14: 24.
Baie leersaam was die onderrig wat aan die dissipels gegee is.
Die gelykenis van die onregverdige regter, en van die onbeskaamde
vriend wat te middernag brood kom leen het, het nuwe krag aan Sy
woorde gegee, “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal
vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.” Lukas 11:9. Dikwels
is hulle wankelende geloof versterk deur die herinnering aan die
woorde van Christus, “Sal God dan .nie reg doen aan Sy uitverko-
[505]
renes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig
in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen.”
Lukas 18:7, 8.
Die mooi gelykenis van die afgedwaalde skaap het Christus
herhaal. En Hy het die les nog verder toegelig met die gelykenis van
die verlore penning, en die verlore seun. Die dissipels kon nie toe
die volle krag van hierdie lesse verstaan nie, maar ná die uitstorting
van die Heilige Gees, toe hulle die insameling van die heidene en die
woede van die Jode gesien het, het hulle die gelykenis van die verlore
seun, en die woorde van Christus, beter verstaan toe Hy gesê het,
Ons moet tog vrolik en bly wees;” “want hierdie seun van my was