Page 454 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

450
DIE KONING VAN DIE EEUE
want so was dit U welbehae. Alles is aan My oorgegee deur My
Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader en
wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit
wil openbaar.”
Die geëerde manne van die wêreld, die sogenaamde grotes en
wyscs, met hulle geroemde kennis, kon nie die karakter van Christus
verstaan nie. Hulle het Hom na die uiterlike geoordeel, en volgens
die vernedering wat Hy moes verduur as mens. Maar aan vissers en
tollenaars is dit gegee om die Onsienlike te sien. Selfs die dissipels
het nie alles verstaan wat Jesus aan hulle geopenbaar het nie; maar
van tyd tot tyd, namate hulle hulleself oorgegee het aan die werking
van die Heilige Gees, is hulle verstand verlig. Hulle het besef dat
die almagtige God, in die menslike vlees, in hulle midde was. Jesus
het Hom verheug dat alhoewel die wyse en verstandiges nie hierdie
kennis gehad het nie, dit tog aan hierdie nederige manne geopenbaar
is. Dikwels wanneer Hy die Ou Testamentiese Skrifte verklaar en
hulle toepassing op Hom en Sy verlossingswerk aangetoon het,
het Sy Gees hulle aangewakker en hulle tot ’n hemelse atmosfeer
verhef. Van die geestelike waarhede waarvan die profete gespreek
het, het hulle ’n beter begrip gehad as die oorspronklike skrywers
self. Voort- aan sou hulle die Ou-Testamentiese Skrifte lees, nie
as die leerstellings van skrifgeleerdes en Fariseërs nie, nie as die
gesegdes van wyse manne lank reeds dood nie, maar as ’n nuwe
openbaring van God. Hulle het Hom gesien “wat die wêreld nie kan
ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle
ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” Joh. 14: 1
[503]
[504]
Die enigste manier waarop ons ’n beter begrip van die waarheid
kan kry, is deur die hart teer en stil te hou deur die werking van
die Gees van Christus. Die siel moet gereinig word van ydelheid
en hoogmoed; alles moet uitgewerp word wat dit in beslag gehad
het, en Christus moet daar op die troon geplaas word. Die menslike
wetenskap is te beperk om die verlossing te verstaan. Die verlos-
singsplan is so allesomvattend dat die filosofie dit nie kan begryp
nie. Dit sal altyd ’n misterie bly wat die grootste verstand nie kan
peil nie. Die wetenskap van die verlossing kan nie verklaar word
nie; maar dit kan ondervind word. Alleen die persoon wat sy eie
sondigheid besef, kan die onskatbare waarde van die Verlosser sien.