“
Die Lauste Reis uit Galilea”;
449
God nooit Sy kinders sal verlaat in hulle stryd teen sonde nie. Dit is
aan ons die versekering van krag en beskerming solank as die troon
self standhou.
Jesus het laat volg: “Maar julle moenie daaroor bly wees dat die
geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle
name in die hemele opgeskrywe is.” Moet julle nie verbly oor die
besit van mag nie, sodat julle nie miskien julle afhanklikheid van
God uit die oog verloor nie. Pas op dat selfvoldaanheid nie insluip
en julle in julle eie krag werk, liewer as in die krag en gees van julle
Meester nie. In enige mate van sukses in die werk is die eie-ek maar
altyd gereed om aanspraak te maak op al die eer. Die eie-ek word
gevlei en verhef, en ander word nie onder die indruk gebring dat
God alles in alles is nie. Die apostel Paulus het gesê: “As ek swak is,
dan is ek sterk.”
Kor. 12: 10. Wanneer ons besef hoe swak ons is, sal ons leer
om te vertrou op ’n mag buitekant ons. Niks kan ’n mens se hart so
vasgryp as die besef van ons verantwoordelikheid aan God nie. Niks
beïnvloed ons doen en late so sterk as die besef van die vergewende
liefde van Christus nie. Ons moet in aanraking met God kom, dan
sal ons met Sy Heilige Gees vervul word, wat ons sal help om in
aanraking met ons medemens te kom. Verbly julle dat julle deur
Christus met God verbind is, en lede van die hemelse gesin is. Terwyl
u van die eie-ek weg kyk na omhoog, sal u gedurig die swakheid van
die mensheid besef. Hoe minder u op uself vertrou, hoe vollediger
sal u begrip word van die uitnemendheid van u Verlosser. Hoe nouer
u u verbind met die bron van lig en krag, hoe meer lig sal daar op u
val en hoe groter sal u krag wees om vir God te werk. Verbly uself
[502]
daarin dat u een is met God, en een met Christus en die hele hemelse
gesin.
Terwyl die sewentig geluister het na die woorde van Christus,
het die Heilige Gees hulle onder die indruk gebring van lewende
werk- likhede, en die waarheid is geskryf op die tafels van die siel.
Alhoewel hulle van ’n skare omring was, was dit of hulle saam met
God ingesluit was.
Wetende dat hulle onder die inspirasie van die uur was, het “Jesus
Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die
hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en
verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader,