Page 452 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

448
DIE KONING VAN DIE EEUE
neergewerp is. Hy het vooruitgesien na die tonele van Sy eie lyde,
wanneer die karakter van die bedrieër voor al die wêrelde ontsluier
sal word. Hy het die uitroep gehoor, “Dit is volbring” (Joh. 19: 30),
wat ’n aankondiging was dat die verlossing van die verlore mensdom
verseker is, en dat die hemel vir ewig gevrywaar is teen die beskuldi-
gings, die bedrog, en die valshede deur die Satan ingegee.
Anderkant die kruis van Golgota, met sy foltering, en skande,
het Jesus daardie dag gesien wanneer die vors van die bose magte in
die lug, vernietig sal word op die aarde wat hy so lank geskend het
deur sy opstand. Jesus het die werk van boosheid vir ewig beëindig
gesien, en ook die vrede van God wat hemel en aarde sal vervul.
Voortaan moes die navolgers van Christus aan die Satan dink
as n verslane vyand. Aan die kruis sou Jesus die oorwinning vir
hulle behaal; daardie oorwinning moet hulle aanneem as hulle eie
oorwinning. “Kyk,” het Hy gesê, “Ek gee aan julle mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; niks sal julle
ooit skade doen nie.”
Die almag van die Heilige Gees is die beskutting van elke boet-
vaardige siel. Christus sal nie een wat in boetvaardigheid en geloof
aanspraak maak op Sy beskerming, onder die mag van die vyand laat
kom nie. Die Heiland staan aan die sy van Sy versoekte en beproefde
kinders. By Hom kan daar nie soiets as mislukking, verlies, onmoont-
likheid, of neerlaag wees nie; ons kan alles doen deur Hom wat
ons krag gee. Wanneer versoekings en beproewings kom, moet u
nie wag om al die moeilikhede uit die weg te ruim nie, maar sien op
Jesus, u helper.
[501]
Daar is Christene wat heeltemal te veel dink en praat oor die
mag van die Satan. Hulle dink oor hulle teenstander, hulle bid oor
hom, hulle praat van hom, en hy word al groter en groter in hulle
verbeelding. Dit is waar, die Satan is ’n magtige wese; maar, dank
die Here, ons het ’n almagtige Verlosser wat die duiwel uit die hemel
uit- gewerp het. Die Satan is bly wanneer ons sy mag vergroot.
Waarom praat ons nie liewer van Jesus, en vergroot ons nie Sy mag
en Sy liefde nie?
Die reënboog van belofte rondom die troon daarbo is ’n ewige
getuienis dat God die wêreld so liefhet, “dat Hy Sy eniggebore Seun
gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3: 16. Dit getuig vir die heelal dat