Page 451 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Lauste Reis uit Galilea”;
447
Aan daardie besige stede aan die oewers van die meer van Galilea
is die hemel se rykste seëninge vryelik aangebied. Dag na dag het
die Vors van die lewe daar in en uit gegaan onder die mense. Die
heerlikheid van God, wat profete en konings verlang het om te sien,
het geskyn op die skares wat die Heiland gevolg het. Maar hulle het
die hemelse Gawe van die hand gewys.
Met groot vertoon van wysheid het die rabbi’s die mense gewaar-
sku om die nuwe leer van die nuwe Leraar nie aan te neem nie, want
Sy leer en praktyk was nie ooreenkomstig die leer van die vaders nie.
Die mense het geglo wat die priesters en Fariseërs geleer het pleks
van te soek om die Woord van God vir hulleself te verstaan. Hulle
het die priesters en owerstes geëer pleks van God, en hulle het die
waarheid verwerp om hulle eie tradisies te behou. Op baie is daar
n indruk gemaak en hulle is byna oortuig; maar hulle het nie op
hulle oortuigings gehandel nie, en hulle het nie die kant van Christus
gekies nie. Die Satan het met sy versoekings gekom totdat die lig
soos duisternis gelyk het. En so het vele die waarheid verwerp wat
hulle siele kon gered het.
Die waaragtige Getuie sê, “Kyk, Ek staan by die deur en Ek
klop.” Openb. 3: 20. Elke waarskuwing, bestraffing, en smeking
in die Woord van God, of deur middel van Sy boodskappers, is ’n
geklop aan die deur van die hart. Dit is die stem van Jesus wat vra
om toegang. Elke keer as die geklop nie beantwoord word nie, word
die begeerte om die deur oop te maak, swakker. As ons die indrukke
wat die Heilige Gees vandag maak, veronagsaam, sal hulle more
nie meer so sterk wees nie. Die hart is nie meer so vatbaar nie; dit
word minder bewus van die kortstondigheid van die lewe, en van die
ewigheid daarna. Ons veroordeling in die gereg geskied nie soseer
[500]
omdat ons dwaalleer aangeneem het nie, maar omdat ons nie gebruik
gemaak het van die hemelse geleenthede om die waarheid te leer
nie.
Soos die apostels het die sewentig ook bonatuurlike krag ontvang
om die seël op hulle werk te druk. Toe hulle taak gedaan was, het
hulle met blydskap teruggekom en gesê, “Here, ook die duiwels
onderwerp hulle aan ons in U Naam.” Jesus het geantwoord, “Ek het
die Satan soos ’n bliksem uit die hemel sien val.”
Die tonele van die verlede en die toekoms het in Jesus se gedagte
gekom. Hy het Lucifer gesien soos hy die eerste maal uit die hemel