446
DIE KONING VAN DIE EEUE
melaatse, ’n Samaritaan en die enigste een onder die tien wat genees
is wat Christus kom bedank het — dit alles het groot betekenis
gehad vir die dissipels. Die les het hulle diep getref. In Sy opdrag
aan hulle, net vóór Sy hemelvaart, het Jesus Samaria genoem, saam
met Jerusalem en Judea, as die plekke waar hulle die evangelie die
eerste moes verkondig. Die onderrig wat Hy hulle gegee het, het
hulle toegerus vir die vervulling van die opdrag. Toe hulle in hulle
Meester se Naam na Samaria gegaan het, het hulle gevind dat die
mense gewillig was om hulle te ontvang. Die Samaritane het gehoor
van Christus se woorde van lof, en van Sy werke van genade vir
mense van hulle eie volk. Hulle het gesien dat Hy, ondanks hulle
onbeskoftheid teenoor Hom, slegs gedagtes van liefde teenoor hulle
gekoester het, en dit het hulle harte gewin. Na Sy hemelvaart het
hulle die Heiland se bood- skappers verwelkom, en die dissipels het
’
n ryke oes ingesamel onder diegene wat voorheen hulle bitterste
vyande was. “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe
lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.” “En
op Sy Naam sal die heidene hoop.” Jes. 42: 3; Matt. 12: 21.
Toe Jesus die sewentig uitgestuur het, het Hy hulle beveel, net
soos die twaalf, om hulle nie op mense af te dwing nie as dit blyk
dat hulle onwelkom is. “In watter stad julle ook al mag ingaan, en
hulle julle nie ontvang nie,” het Jesus gesê, “gaan uit op die strate
en sê: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle
af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby
julle gekom het.” Hulle moes dit nie doen omdat hulle die houding
van die mense gelaak het, of cmdat hulle waardigheid gekwes is nie,
maar om te wys hoe ernstig ’n saak dit is om die Here se boodskap
of Sy boodskappers te weier. Om die Here se dienaars te verwerp, is
[499]
om Christus self te verwerp.
“
Ek sê vir julle,” het Jesus gesê, “vir Sodom sal dit verdraagliker
wees in die dag as vir daardie stad.” Toe het Hy teruggedink aan die
Galilese stede waar so veel van Sy werk gedoen is. Met droefheid
het Hy gesê: “Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida! want as in Tirus
en Sidon die kragtige dade plaasgevind het, sou hulle lankal in sak
en as gesit en hulle bekeer het. Maar vir Tirus en Sidon sal dit in
die oordeel verdraagliker wees as vir julle. En jy, Kapernaum, wat
tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot
word.”