“
Die Lauste Reis uit Galilea”;
445
idees van die godsdiens; maar Christus betoon gedurig genade en
trag steeds om mense te win deur die openbaring van Sy liefde. Hy
kan geen mededinger in die siel toelaat nie, en ook nie gedeelte-
like diens aanneem nie; Hy verlang alleen vrywillige diens, die
vry- willige oorgawe van die hart onder die aantrekkingskrag van
liefde. Daar kan geen sterker bewys wees dat ons die gees van die
Satan het as die begeerte om diegene leed aan te doen, of te vernietig,
wat nie ons werk waardeer of volgens ons idees handel nie.
Elke mens is in liggaam, siel, en gees, die eiendom van God.
Christus het gesterf om almal te verlos. Niks is so afskuwelik vir
God as wanneer mense deur godsdienstige dweepsug, lyding bring
op diegene wat losgekoop is deur die Heiland se bloed nie.
“
En Hy het opgestaan en vandaar deur die oorkant van die Jor-
daan na die gebied van Judea gegaan; en weer het ’n skare by Hom
vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.” Mar-
kus 10: 1.
’
n Taamlike gedeelte van die laaste paar maande van Christus se
bediening het in Perea geskied —’n provinsie “oorkant die Jordaan”
van Judea af. Daar het ’n skare Hom gevolg, net soos in Sy eerste
bediening in Galilea, en Hy het baie van Sy onderrig herhaal.
Soos Hy die twaalf uitgestuur het, het Hy nou “weer sewentig
ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke
stad en plek waar Hy sou kom.” Lukas 10: 1. Hierdie dissipels was
vir ’n tyd reeds by Hom en het opleiding geniet vir hulle werk.
Toe die twaalf alleen uitgestuur is op hulle eerste sending, het an-
der dissipels Jesus vergesel op Sy reis deur Galilea. So het hulle
geleentheid gehad. vir noue omgang met Hom, en vir regstreekse,
[498]
persoonlike onderrig. Nou moes hierdie groter getal ook uitgaan op
’
n eie sending.
Die opdrag aan die sewentig het ooreengestem met die wat aan
die twaalf gegee is; maar die bevel aan die twaalf om nie na ’n
dorp van die heidene of die Samaritane te gaan nie, is nie aan die
sewentig gegee nie. Alhoewel Christus so pas afgestoot is deur die
Samaritane, was Sy liefde vir hulle onverander. Toe die sewentig in
Sy Naam uitgegaan het, het hulle heel eerste die stede van Samaria
besoek.
Die Heiland se eie besoek aan Samaria, en later die gelykenis
van die barmhartige Samaritaan, en die verhaal van die dankbare