444
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hy het “boodskappers voor Hom uitgestuur; en hulle het vertrek
en in ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te
maak.” Maar die mense wou Hom nie ontvang nie, want Hy was op
weg na Jerusalem. Hulle het gemeen dat Christus die Jode bo hulle
verkies, wat hulle met groot bitterheid gehaat het. As Hy gekom het
om die tempel en godsdiens op die berg Gerisim te herstel, sou hulle
Hom met oop arms ontvang het; maar Hy was op weg na Jerusalem,
en daarom sou hulle Hom geen gasvryheid betoon nie. Min het hulle
besef dat hulle hulle deure gesluit het teen die beste gawe van die
hemel. Jesus het mense uitgenooi om Hom aan te neem; Hy het
gunste van hulle gevra sodat Hy naby hulle kon kom om die rykste
seëninge aan hulle te gee. Vir elke guns aan Hom bewys, het Hy ’n
kosbare seën gegee. Maar die Samaritane het alles gemis ten gevolge
van hulle vooroordeel en bekrompenheid.
Jakobus en Johannes, Christus se boodskappers, het hulle baie
ver- erg oor die belediging van hulle Here. Hulle was verontwaardig
oor die onbeskoftheid van die Samaritane teenoor Hom wat hulle
vereer het met Sy teenwoordigheid. ’n Rukkie tevore was hulle by
Hom op die berg van verheerliking; hulle het gesien hoe God Hom
verheerlik het, en hoe Hy geëer is deur Moses en Elia. Hulle het
gemeen dat hierdie belediging deur die Samaritane nie verbygegaan
behoort te word sonder straf nie.
By Christus gekom, het hulle Hom vertel wat die mense gesê het,
en Hom meegedeel dat hulle Hom herberg selfs vir n nag geweier
het. Hulle het gedink dat ’n groot onreg Hom aangedaan is, en toe
hulle die berg Karmel in die verte sien waar Elia die valse profete
gedood het, het hulle gevra, “Wil U hê ons moet sê dat vuur van die
hemel afdaal en hulle verteer, soos Elia ook gedoen het?” Hulle was
[497]
verbaas toe hulle sien dat hulle voorstel Jesus pyn aandoen, en nog
meer verbaas oor Sy bestraffing, “Julle weet nie van hoedanige gees
julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om mense
se siele te verderf nie, maar te red.” En hulle het na ’n ander dorp
vertrek.
Dit was geen deel van Christus se sending om mense te dwing om
Hom aan te neem nie. Dit is die Satan, en mense besiel met sy
gees, wat die gewete wil dwing. Onder die dekmantel van ywer vir
die geregtigheid, bring mense wat saamwerk met bose engele groot
lyding op hulle medemens met die doel om hulle te bekeer tot hulle