“
Die Lauste Reis uit Galilea”;
443
die geestelike leiers, en hulle sou graag hulle Meester wou belet om
daarheen te gaan.
Vir die hart van Christus was dit bitter om teen die vrees en
teleurstelling en ongeloof van Sy dissipels op Sy weg voort te gaan.
Dit was swaar om hulle te lei na die angs en wanhoop wat hulle in
Jerusalem gewag het. En die Satan was daar om die Seun van die
mens tot ’n val te bring met sy versoekings. Waarom sou Hy dan
nou na Jerusalem gaan, na ’n gewisse dood? Orals rondom Hom
was daar siele wat gesmag het na die brood van die lewe. Aan alle
kante was daar lydendes wat gewag het op Sy woord van genesing.
Die werk van die evangelie van Sy genade het nou maar net begin.
En Hy was nou in Sy volle mannekrag. Waarom nie na die groot
sending- velde van die wêreld gaan met Sy boodskap van genade,
en Sy helende krag nie? Waarom geniet Hy nie die vreugde om lig
en blydskap te bring aan die miljoene wat in duisternis verkeer nie?
Waarom sou Hy die insameling van die oes oorlaat aan Sy dissipels
wat so swak is in die geloof, so stomp van verstand, en so traag
om te handel? Waarom sou Hy nou die dood tegemoetgaan, en die
werk in sy beginstadium laat? Hierdie vyand wat voor Christus in
die woestyn gestaan het, het Hom nou aangeval met die kwaaiste en
listigste versoekings. As Jesus vir een oomblik sou toegee, as Hy in
een enkele besonderheid van Sy gekose weg sou afgesien het om
Homself te red, sou die Satan die oorwinning behaal en alles verlore
gewees het.
Maar Jesus het “Sy gesig gerig om na Jerusalem te reis.” Die een
wet van Sy lewe was om Sy Vader se wil te doen. Tydens Sy besoek
aan die tempel in Sy kinderjare, het Hy aan Maria gesê, “Het U nie
geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” Lukas
[496]
2: 49.
In Kana, toe Maria wou hê dat Hy ’n wonder moes doen,
was Sy antwoord, “My uur het nog nie gekom nie.” Joh. 2: 4. Met
dieselfde woorde het Hy ook Sy broers geantwoord toe hulle by hom
aan- gedring het om na die fees te gaan. Maar in Gods groot plan
was die uur bepaal wanneer Hy Homself sou offer vir die sondes
van die mense, en daardie uur sou spoedig slaan. Hy sou nie wankel
nie; Sy voete het in die pad gestaan na Jerusalem waar Sy vyande so
lank planne ge- smee het om Sy lewe te neem; nou sou Hy dit gaan
aflê. Hy het Sy gesig gerig om te gaan na vervolging, verloëning,
verwerping, veroordeling, en die dood.