Page 446 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Lauste Reis uit Galilea”;
N AMATE Sy bediening ten einde geloop het, het daar ’n ver-
andering in Christus se manier van werk gekom. Voorheen het Hy
opwinding en publisiteit vermy. Hy het die huldebetoning van die
mense geweier, en wanneer die entoesiasme van die mense oor Hom
buite beheer wou raak, het Hy dadelik na ’n ander plek vertrek. Her-
haaldelik het Hy beveel dat niemand dit moes rugbaar maak dat Hy
die Christus is nie.
Tydens die Huttefees het Hy skielik, en in die geheim, na Jeru-
salem gegaan. Toe Sy broers by Hom aangedring het om Homself in
die openbaar voor te stel as die Messias, was Sy antwoord, “My tyd
is nog nie daar nie.” Joh. 7: 6. Hy het ongemerk na Jerusalem gereis
en die stad onaangemeld binnegegaan, sonder die huldebetoning van
die skare.Maar Sy laaste reis was anders. Hy het Jerusalem vir ’n tyd
verlaat weens die kwaadwilligheid van die priesters en die rabbi’s.
Maar Hy
was nou voornemens om terug te gaan, in die openbaar en met ’n
omweg, en met ’n aankondiging van Sy koms soos nog nooit tevore
gedoen is nie. Hy was op weg na die groot offertoneel, en daarop
moes die aandag van die mense gevestig word.
Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die
Seun van die mens verhoog word.” Joh. 3: 14. Soos die oe van die
[495]
hele Israel gevestig is op die verhoogde slang, die simbool vir hulle
genesing, so moet alle oë gevestig word op Christus, die offer wat
verlossing aan die hele wêreld bring.
Dit was ’n valse begrip van die Messias se werk, en ’n gebrek
aan geloof in die goddelike karakter van Jesus, wat Sy broers genoop
het om by Hom aan te dring om Homself in die openbaar aan die
mense voor te stel op die Huttefees. En nou weer, met ’n dergelike
gees, wou die dissipels Hom belet om hierdie reis na Jerusalem te
onderneem. Hulle het gedink aan Sy woorde oor wat met Hom daar
sou gebeur; hulle het geweet van die verskriklike vyandigheid van
442