Page 445 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Goddelike Herder”;
441
sterflik was, was Hy as God die bron van lewe vir die wêreld. Hy
kon die dood bestry en geweier het om onder die mag daarvan te
kom; maar Hy het Sy lewe vrywillig afgelê, sodat Hy die lewe en
die onsterflikheid aan die lig kon bring. Hy het die sondes van die
wêreld gedra, die straf ondergaan, en Sy lewe as slagoffer gegee,
sodat die mens nie die ewige dood hoef te sterf nie. Hy het “ons
krankhede op Hom geneem, en ons smarte. . . . Hy is terwille van
ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy
verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het
gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here
het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.” Jes.
53:4-6.
[494]