440
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die geloof I Hom nogtans hoor sê, Moenie vrees nie; Ek is met
jou. “Ek was I dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid.” Openb. 1:
18.
Ek het julle smart gedra, julle stryd gestry, en julle versoekings
getrotseer. Ek weet van julle trane; Ek het ook geween. Die smart
wat so groot I is dat dit nie aan mense vertel kan word nie, daarvan
weet Ek. Moenie dink dat julle alleen en verlate is nie. Al wek julle
pyn geen medelyde in enige hart op aarde nie, sien op My en leef.
“
Berge mag wyk en heuweis wankel, maar My goedertierenheid sal
van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE,
jou Ontfermer.” Jes. 54: 10.
Al het ’n herder sy skape ook hoe lief, het hy sy seuns en dogters
liewer. Nie alken is Jesus ons Herder nie, maar Hy is ook ons “ewige
Vader.” En Hy sê, “Ek ken My eie en word deur My eie geken. Net
soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader.” Joh. 10: 14, 15.
Wat ’n heerlike verklaring is dit! Die eniggebore Seun van God, Hy
wat in die boesem van die Vader is, en van wie God verklaar het
dat Hy Sy “metgesel is” (Sag. 13: 7), sê dat die verhouding tussen
Hom en die ewige God geneem kan word as ’n voorstelling van die
gemeenskap tussen Christus en Sy kinders op aarde!
Omdat ons die gawe van die Vader is, die loon op Sy werk, het
Jesus ons lief. Hy het ons lief soos Sy kinders. Geagte leser, Hy
het jou lief. Die Hemel self kan u niks groter en niks beter gee nie.
Vertrou dus op Hom.
[493]
Jesus het gedink aan al die siele op die hele aarde wat verlei
word deur valse herders. Diegene wat Hy graag wou versamel as die
skape van Sy kudde is verstrooi on-der die wolwe; Hy het gesê, “Ek
het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet
hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een
kudde, een Herder.” Joh. 10: 16.
“
Daarom het My Vader My lief, omdat Ek My lewe aflê om dit
weer te neem.” Dit wil sê: My Vader het julle so lief dat Hy My selfs
meer liefhet omdat Ek My lewe gee om julle te verlos. Deur julle
plaasvervanger en borg te word, deur My lewe af te lê, en deur julle
skuld en julle sondes op My te neem, het Ek baie dierbaar vir My
Vader geword.
Ek lê My lewe af “om dit weer op te neem. Niemand neem dit
van My af nie, maar Ek lê dit af uit Myself. Ek het mag om dit af
te lê en Ek het mag om dit weer te neem.” Terwyl Jesus as mens