“
Die Goddelike Herder”;
439
hulle nie bang nie; maar hy loop voor hulle en roep hulle. Hulle ken
sy stem en luister na Hom. So maak die hemelse Herder ook met Sy
skape. Die Skrif sê, “U het U volk soos skape gelei deur die hand
van Moses en Aäron.” Deur die profeet het Jesus verklaar, “Ja, Ek
het jou liefgehad met ’n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met
goedertierenheid.” Hy dwing niemand om Hom te volg nie. “Met
koorde van liefde,” sê Hy, “het Ek hulle getrek.” Ps. 77: 21; Jer. 31:
3;
Hosea 11:4.
Dit is nie vrees vir straf, of hoop op die ewige loon wat Christus
se dissipels beweeg om Hom te volg nie. Hulle sien die Heiland
se grenslose liefde geopenbaar in Sy aardse lewe, van die krip van
Betle- hem tot by die kruis van Golgota, en dit is die aanskouing
van Hom wat die siel trek, dit versag en in onderwerping bring. Die
liefde word wakker in die hart van die aanskouers. Hulle hoor Sy
stem, en hulle volg Hom.
Soos die skaapwagter voor sy skape loop, om self eers die gevare
op die weg te trotseer, so maak Jesus ook met Sy kinders. “Wanneer
Hy Sy eie skape uitbring, loop Hy voor hulle uit.” Die pad na die
hemel is geheilig deur die Heiland se voetstappe. Die pad mag steil I
en ru wees, maar Jesus het dit self bewandel; Sy voete het die wrede
dorings platgetrap om die pad vir ons makliker te maak. Elke las
wat ons geroep word om te dra, het Hy self reeds gedra.
[491]
[492]
Alhoewel Hy nou na die teenwoordigheid van God opgevaar het,
en sit op die troon van die heelal, is Jesus nie minder ontfermend
nie. Vandag nog voel dieselfde tere, medelydende hart saam met
ons in al die droefheid van die mensdom. Vandag nog steek Hy Sy
deurboorde hand uit om Sy kinders wat nog op hierdie aarde is,
oorvloedig te seën. ”,En hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid
nie, en niemand sal I hulle uit My hand ruk nie.” Die siel wat hom
aan Christus gegee I het, is in Sy oë kosbaarder as die hele wêreld.
Om net een te red I in Sy koninkryk sou die Heiland die lyding van
Golgota deurgemaak I het. Hy sal ’n siel vir wie Hy gesterf het,
nooit opgee nie. Tensy Sy navolgers self besluit om Hom te verlaat,
sal Hy hulle nooit los nie.
In al ons beproewings het ons ’n onfeilbare Helper. Hy laat ons
I nie alleen om teen die versoeking te stry, teen die boosheid te
veg, om I eindelik tog te beswyk onder die las van droefheid nie.
Alhoewel ons I Hom nie nou met ons oë kan sien nie, kan die oor