438
DIE KONING VAN DIE EEUE
dat hy sy eie lewe vir hulle moes veil hê. Jakob, wat Laban se skape
opgepas het in die velde van Haran, sprekende van sy onvermoeide
waaksaam- heid, het gesê, “Ek was ’n man wat bedags deur die hitte
verteer is, en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my
oë.” Gen. 31: 40. Dit was terwyl hy sy vader se vee opgepas het
dat Dawid alleen ’n beer en ’n leeu doodgemaak en ’n lam uit hulle
kloue gered het.
Waar die herder sy skape lei oor die berge, deur bosse en klowe
en in stille weivelde by die rivier; waar hy op die berge waghou deur
die eensame nag, en hulle beskerm teen rowers, en die siekes en
swakkes versorg, word sy lewe een met hulle s’n. Hy word aan hulle
verbind met sterk en tere bande. Hoe groot sy trop ook mag wees,
die herder ken elke skaap. Elkeen het sy naam, en hy antwoord op
daardie naam as die herder roep.
Soos ’n aardse herder sy skape ken, so ken die goddelike Herder
Sy kudde wat oor die wêreld versprei is. “Julie is My skape, die
skape wat Ek oppas; julle is mense. Ek is julle God, spreek die Here
HERE.” Jesus sê, “Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne.”
“
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer.” Eseg. 34: 31; Jes. 43:
1; 49: 16.
Jesus ken ons as indiwidue, en Hy het medelyde met ons swak-
hede. Hy ken ons almal op ons naam. Hy ken die huis waarin
ons,woon, en weet wie almal daar woon. As dit nodig is, sal Hy
Sy diensknegte na ’n sekere huis in ’n sekere straat in ’n sekere stad
[490]
stuur om daar een van Sy skape te vind.
Jesus ken elke siel so goed asof hy die enigste persoon is vir wie
die Heiland gesterf het. Hy het medelyde met die droefheid van elke
mens. Hy hoor elke roepstem om hulp. Hy het gekom om alle mense
tot Hom te trek. Hy beveel hulle, “Volg My,” en Sy Gees werk in
hulle harte om hulle tot Hom te trek. Baie wil nie tot Hom getrek
wees nie. Jesus weet wie hulle is. Hy weet wie blymoedig gehoor
sal gee aan Sy roepstem, en gereed is om onder Sy herderlike sorg
te kom. Hy sê, “My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en
hulle volg My.” Hy sorg vir elkeen asof daar nie nog ’n ander een
op die hele aarde is nie.
“
Hy roep Sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit . . . en die
skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.” Die skaapwagter van die
Ooste loop nie agter sy skape nie. Hy gebruik nie geweld en maak