Page 441 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Goddelike Herder”;
437
en die bronne van die water van die lewe besoedel. Die ingegewe
Woord gee ’n getroue beskrywing van daardie valse herders: “Julle
versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die
wat gebroke is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle
nie terug nie; . . . maar met strengheid heers julle oor hulle en met
hardheid.” Eseg. 34: 4.
In alle eeue het filosowe en leraars aan die wêreld teorieë voorge-
hou om die Verlangens van die siel te bevredig. Elke heidense volk
het sy groot leraars en godsdienstige stelsels gehad wat ’n verlossing
anders as die in Christus voorgehou het, wat die oë van die mense
afgewend het van die Vader se aangesig, en hulle harte vervul het
met vrees vir Hom wat hulle maar altyd geseën het. Die neiging
van hulle werk is om God te beroof van Sy eiendom kragtens die
skepping en die verlossing. En hierdie valse leraars beroof ook die
mense. Mil- joene mense is gebind deur valse godsdienste; hulle
verkeer in slaafse vrees en koppige onverskilligheid; hulle werk soos
esels, sonder hoop op vreugde of vooruitsigte in hierdie lewe, en in
n verlammende vrees vir die hiernamaals. Dit is alleen die evangelie
van die genade van God wat die siel kan verhef. Die bepeinsing van
die liefde van God geopenbaar in Sy Seun, sal die hart en die kragte
van die siel opwek soos niks anders kan nie. Christus het gekom
om die beeid van God in die mens te herskep; en wie ookal mense
afkeer van Christus af, keer hulle weg van die bron van ware ont-
wikkelingskrag; hy beroof hulle van die hoop en doel en heerlikheid
[489]
van die lewe. Hy is ’n dief en ’n moordenaar.
Hy wat deur die deur ingaan, is die herder van die skape.” Chris-
tus is beide die deur en die herder. Hy gaan deur Homself in. Dit is
deur Sy eie offergawe dat Hy die herder van die skape geword het.
Vir Hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na Sy stem;
en Hy roep Sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. En wanneer
Hy Sy eie skape uitgebring het, loop Hy voor hulle uit; en die skape
volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.”
Van alle diere is skape die domste en die hulpeloosste, en in
die Ooste moet die wagter gedurig wakkerloop en sy oë oophou.
In die ou tyd, en vandag nog, is daar nie veel veiligheid buite die
stadsmure nie. Daar was rowers van die swerwende stamme, daar
was die wilde diere uit hulle skuilplekke wat die kuddes voorgelê het
om hulle te verwoes. Die wagter het gewaak oor sy skape, wetende