436
DIE KONING VAN DIE EEUE
Christus het hierdie profesieë op Homself toegepas, en Hy het
die kontras getoon tussen Sy karakter en die van die leiers van Israel.
Die Fariseërs het so pas iemand uit die kudde verdryf omdat hy dit
gewaag het om te getuig van die krag van Christus. Hulle het ’n
siel verdryf wat die ware Herder besig was om na Hom toe te trek.
Daardeur het hulle getoon dat hulle onkundig was aangaande die
werk aan hulle toevertrou, en die pand onwaardig was as herders
van die kudde. Jesus het nou die kontras aangetoon tussen hulle en
die Goeie Herder, en Hy het na Homself verwys as die ware hoeder
van die Here se kudde. Maar vóór Hy dit gedoen het, het Hy eers
van Homself onder ’n ander beeld gespreek.
Hy het gesê, “Wie nie deur die deur ingaan in die skaapstal nie,
maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n moordenaar.
Maar hy wat deur die deur ingaan, is ’n herder van die skape.” Die
Fariseërs het nie besef dat hierdie woorde teen hulle gespreek is nie.
Toe hulle in hulle harte geredeneer het oor die bedoeling daarvan,
het Jesus duidelik aan hulle gesê, “Ek is die deur; as iemand deur My
ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding
vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het
gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.”
Christus is die deur tot die kraal van God. Deur hierdie deur het
al Sy kinders, van die vroegste af, ingegaan. In Jesus, soos getoon in
die tipes, voorafgeskadu in die simbole, aangewys in die openbarings
van die profete, voorgestel in die lesse gegee aan Sy dissipels, en
in die wonderwerke vir die mensekinders, het hulle “die Lam van
[488]
God wat die sondes van die wêreld wegneem” (Joh. 1: 29), gesien;
en deur Hom word hulle in die kudde van Sy genade gebring. Daar
het vele gekom wat ander voorwerpe voorgehou het vir die wêreld
om in te glo; stelsels en seremonies is ontwerp waardeur die mense
gehoop het om geregverdig te word, en vrede by God te kry, en so
ingang tot Sy kudde te vind. Maar die enigste deur is Christus, en
almal wat iets anders gestel het in die plek van Christus, almal wat
geprobeer het om tot die kudde in te gaan langs enige ander weg,
hulle was diewe en moordenaars.
Die Fariseërs het nie deur die deur ingegaan nie. Hulle het op ’n
ander manier ingeklim, maar nie deur Christus nie, en hulle het nie
die werk van ’n ware herder gedoen nie. Die priesters en owerstes,
die skrifgeleerdes en Fariseërs, het die lewende weivelde verwoes,