Page 439 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Goddelike Herder”;
EK is die goeie Herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die
skape.” “Ek is die goeie Herder en Ek ken My eie en word deur My
eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek
lê My lewe af vir die skape.”
Weer het Jesus die pad tot die harte van Sy toehoorders gevind
deur middel van ’n illustrasie waarmee hulle bekend was. Hy het
die werking van die Gees vergelyk met koel, verkwikkende water.
Hy het Hom voorgestel as die lig, die bron van lewe en vreugde vir
die natuur en die mens. En nou weer, onder die beeld van die herder,
het Hy Sy verhouding voorgestel tot diegene wat in Hom glo. Daar
was niks waarmee Sy toehoorders beter bekend was as hierdie een
nie, en Christus se woorde het dit vir altyd met Homself verbind.
Nooit het die dissipels die herders met hulle skape gesien nie of die
Heiland se les het in herinnering gekom. In elke getroue herder sou
hulle Christus sien. Hulle sou hulleself in elke hulpelose afhanklike
trop skape sien.
Die profeet Jesaja het hierdie beeld gebruik in sy beskrywing
van die sending van die Messias, “o Sion, verkondiger van goeie
boodskap, klim op ’n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie
[487]
boodskap, hef jou stem op en met mag; hef dit op, wees nie bevrees
nie! Sê vir die stede van Juda: Hier is julle God. ... Hy sal Sy kudde
laat wei soos ’n herder; Hy sal die lammers in sy arm bymekaarmaak
en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.” Jes. 40: 9-11.
Dawid het gesing, “Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek
nie.” Ps. 23: 1. En die Heilige Gees het deur Esegiël verklaar: “Ek
sal een herder oor hulle verwek, en hy sal hulle oppas.” “Die wat
verlore is, sal Ek soek en wat weggedryf is, sal Ek terugbring en wat
gebroke is, sal Ek verbind en die siekes sal Ek versterk.” “Ek sal ’n
verbond van vrede met hulle maak.” “En hulle sal nie meer ’n prooi
vir die nasies wees nie; . . . maar hulle sal veilig woon sonder dat
iemand hulle skrikmaak.” Eseg. 34: 23, 16, 25, 28.
435