Page 438 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

434
DIE KONING VAN DIE EEUE
die wêreld ooit voorheen gehad het. Die kennis van God is meer
volledig geopenbaar. Maar juis deur hierdie openbaring is daar ’n
oordeel oor die mense gebring. Hulle karakters is getoets; hulle lot
beslis.
Die openbaring van goddelike krag wat beide die natuurlike en
geestelike oë van die blinde man geopen het, het die Fariseërs in nog
groter duisternis gelaat. Sommige van die toehoorders wat gevoel
het dat Christus se woorde op hulle van toepassing was, het gevra,
Is ons dan ook blind?” Daarop het Jesus geantwoord, “As julle blind
was, sou julle geen sonde hê nie.” As God dit onmoontlik vir julle
gemaak het om die lig te sien, sou julle geen skuld gehad het nie.
Maar nou sê julle, “Ons sien!” Julle glo dat julle kan sien, maar julle
verwerp die middel waardeur julle siende kan word. Tot almal wat
hulle behoefte besef het, het Christus met oneindige hulp gekom;
maar die Fariseërs het geen behoefte gevoel nie; hulle het geweier
om tot Christus te kom, en hulle het dus blind gebly —’n blindheid
waarvoor hulle self verantwoordelik was. Jesus het aan hulle gesê,
Daarom bly julle sonde.”
[486]