“
Die Lig van die Lewe”
433
verhoor Hy. Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ’n
blindgebore mens geopen het nie. As Hy nie van God was nie, sou
Hy niks kan doen nie.”
Die man het sy ondervraers op hulle eie grond ontmoet. Sy
logika was onomstootlik. Die Fariseërs was verbaas, en hulle het
stilgebly — uit die veld geslaan deur sy raak woorde. Vir ’n paar
oomblikke was daar stilte. Toe het die verontwaardigde priesters
en rabbi’s elkeen sy kleed om hom gevou asof hulle besoedeling
gevrees het; hulle het die stof van hulle voete afgeskud, en op die
man begin skel: “Jy is heeltemal in sondes gebore en leer jy ons? En
hulle het hom uitgeban.”
Jesus het gehoor wat hulle gedoen het; en toe Hy die man kort
daarna ontmoet, het Hy aan hom gevra, “Glo jy in die Seun van
God?”
Vir die eerste maal het die blinde man die aangesig van sy Ver-
losser aanskou. Voor die raad het hy sy verontruste ouers gesien; hy
het die fronsende gesigte van die rabbi’s gesien, maar nou het sy oë
die lieflike, vreedsame aangesig van Jesus aanskou. Alreeds het hy
tot groot gevaar vir homself, Hom erken as iemand wat goddelike
krag besit; maar nou is daar ’n hoër openbaring aan hom gegee.
Op die Heiland se vraag, “Glo jy in die Seun van God?” het die
blinde man geantwoord deur te vra, “Wie is Hy, Here, dat Ek in Hom
kan glo?” Jesus het hom geantwoord, “Jy het Hom gesien; en Hy
wat met jou spreek, dit is Hy.” Die man het homself aan die voete
van die Heiland gewerp in aanbidding. Nie alleen was sy natuurlike
gesig herstel nie, maar sy geestelike oë is ook geopen. Christus is
aan sy siel geopenbaar en hy het Hom aangeneem as die Een van
God gestuur.
[485]
’
n Groep Fariseërs het daar naby vergader, en die aanskouing
van hulle het Jesus weer die kontras laat sien wat altyd geskep word
deur die uitwerking van Sy woorde en werke. Hy het gesê, “Tot ’n
oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie,
mag sien, en die wat sien, blind mag word.” Christus het gekom om
die blinde oë te open, om lig te gee aan diegene wat in die duisternis
sit. Hy het gesê dat Hy die lig van die wêreld is; en die wonderwerk
wat Hy so pas gedoen het, was bewys van Sy sending. Die mense
wat die Heiland gesien het tydens Sy eerste koms, was bevoorreg
met ’n voller openbaring van die goddelike teenwoordigheid as wat