Page 436 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

432
DIE KONING VAN DIE EEUE
vertel; maar weer het hulle geprobeer om hom stil te maak, en gesê,
Gee aan God die eer — ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.”
Dit is: Moenie weer sê dat hierdie man jou gesig herstel het nie; dit
is God wat dit gedoen het.
Die blinde man het geantwoord, “Of Hy ’n sondaar is, weet ek
nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.”
Toe het hulle hom weer begin vra, “Wat het Hy vir jou gedoen?
Hoe het Hy jou oë geopen?” Met die baie vraery het hulle geprobeer
om hom verward te maak, sodat hy moet dink dat hy hom dinge
verbeel het. Die Satan en sy bose engele was aan die kant van
die Fariseërs, en hulle het hulle kragte listig saamgespan met die
menslike redenasies ten einde die invloed van Christus teen te werk.
Hulle het die oor- tuigings laat verflou wat in vele se harte was.
Maar daar was ook engele van God om die man te versterk wie se
oë geopen is.
Die Fariseërs het nie besef dat hulle met ander moes rekening
hou behalwe daardie ongeletterde man wat blind gebore was nie;
hulle het die Een nie geken met wie hulle werklik in stryd verkeer
het nie. Goddelike lig het geskyn in die hoekies van die blinde man
se siel. Waar hierdie huigelaars geprobeer het om hom ongelowig
te maak, het God hom gehelp om deur raak antwoorde te toon dat
hy hom nie in ’n strik sou laat lei nie. Hy het geantwoord: “Ek het
dit al vir julle gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle
dit weer hoor? Julie wil tog nie ook Sy dissipels word nie? Hulle
skel hom toe uit en sê: Jy is ’n dissipel van daardie man, maar ons
is dissipels van Moses. Ons weet dat God met Moses gespreek het;
maar wat Hom betref, ons weet nie waar Hy vandaan is nie.”
[484]
Die Here Jesus het geweet watter vuurproef hierdie man moes
deurmaak, en Hy het hom genade gegee om te antwoord, sodat hy
n getuie vir Christus geword het. Hy het die Fariseërs geantwoord
met woorde wat hulle goed bestraf het. Hulle het hulleself uitgegee
as verklaarders van die Skrifte, as die geestelike leiers van die volk;
en hier was nou Iemand wat wonderwerke gedoen het, en volgens
hulle eie belydenis het hulle nie die bron van Sy krag geken nie en
ook niks omtrent Sy karakter en aansprake nie. Hier is nou “iets
wonderliks,” het die man gesê, “dat julle nie weet waar Hy vandaan
is nie, en Hy het my oë geopen! En ons weet dat God sondaars
nie verhoor nie; maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié