“
Die Lig van die Lewe”
431
Weer het die rabbi’s die blinde man aangespreek, “Jy, wat sê jy
van Hom, omdat Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is n
profeet.” Die Fariseërs het toe beweer dat hy nie blind gebore was
en sy gesig teruggekry het nie. Hulle het sy ouers laat roep, en hulle
gevra, “Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is?”
Daar het die man self gestaan en gesê dat hy blind was, en dat
sy gesig nou herstel is, maar die Fariseërs sou liewer die getuienis
van hulle eie sintuie verloën as om te erken dat hulle verkeerd was.
So magtig is vooroordeel, en so verdraaid farisese geregtigheid.
Vir die Fariseërs was daar nog een hoop oor, en dit was om
die man se ouers bang te maak. Met skynbare opregtheid het hulle
nou gevra, “Hoe sien hy dan nou?” Die ouers wou hulleself nie
kompromitteer nie, want daar is gesê, dat almal wat Jesus as die
Christus erken “uit die sinagoge sou geban word;” dit wil sê dat hulle
vir dertig dae toegang tot die sinagoge sou belet word. Gedurende
daardie tydperk was dit hulle nie geoorloof om ’n kind te laat besny
of die dode te beween nie. So ’n ban is as ’n vreeslike straf beskou,
en as dit die oortreder nie boetvaardig gemaak het nie, is n baie
swaarder vonnis opgelê. Die groot wonder wat vir hulle seun verrig
is, het die ouers oortuig, maar tog het hulle geantwoord, “Ons weet
dat dit ons seun is en dat hy blind gebore is; maar hoe hy nou sien,
weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self
oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.” So het hulle al die
verantwoor- delikheid van hulleself op hulle seun afgeskuif; want
hulle kon dit nie waag om Christus te bely nie.
Die dilemma waarin die Fariseërs hulle bevind het, hulle onder-
vraery en vooroordeel, hulle ongeloof van die feite van die saak, het
die oë van die skare, veral van die gewone mense, begin oopmaak.
Jesus het dikwels Sy wonderwerke buite op straat gedoen, en Sy
[483]
werk was altyd van ’n aard wat lyding versag het. Die vraag in die
harte van vele was: “Sou God sulke magtige werke deur ’n bedrieër
doen soos die Fariseërs Jesus voorgestel het?” Die stryd aan albei
kante het begin ernstig word.
Die Fariseërs het begin sien dat hulle die werke deur Jesus ge-
doen, geadverteer het. Hulle kon die wonderwerk nie wegredeneer
nie. Die blinde man was vervul met blydskap en dankbaarheid; hy
het die pragtige dinge van die natuur gesien, en was oorweldig deur
die skoonheid van die aarde en die lug. Hy het graag van sy ervaring