Page 434 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

430
DIE KONING VAN DIE EEUE
die oë van die blinde man gesalf het, het Hy hom gestuur om in die
bad van Siloam te gaan was, en die man het siende geword. So het
Jesus die vraag van die dissipels op ’n praktiese wyse beantwoord,
soos Hy gewoonlik nuuskierige vrae beantwoord het. Dit was nie
die roeping van die dissipels om vas te stel wie gesondig en wie nie
gesondig het nie, maar om die krag en genade van God te verstaan
in die herstel van die gesig aan die blindes. Dit was duidelik dat daar
geen genees- krag in die klei was nie, en nog minder in die poel
water waarin die blinde hom moes gaan was; maar die geneeskrag
was in Christus.
Die Fariseërs kon nie anders as om verbaas te wees oor die
genesing nie. Maar nogtans was hulle meer as ooit vervul met haat,
want die wonder het op die Sabbat geskied.
Die bure van die jongman, en diegene wat hom geken het toe hy
nog blind was, het gevra, “Is hy nie die een wat sit en bedel het nie?”
Hulle het hom met twyfel betrag, want toe sy oë geopen is, het dit
sy gelaat verander en laat straal, en hy het soos ’n ander mens gelyk.
So is die vraag oor en weer bespreek. Sommige het gesê, “Dit is hy;”
en ander weer, “Hy lyk na hom.” Maar die een wat die groot seën
ontvang het, het alle twyfel uit die weg geruim deur te sê, “Dit is
ek.” Hy het hulle toe vertel van Jesus, en hoe hy genees is, en hulle
het gevra, “Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.”
Toe het hulle hom voor die raad van die Fariseërs gebring. Weer
is aan die man gevra hoe hy siende geword het. “Hy antwoord hulle:
Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek kon sien.
En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God
nie, omdat Hy die Sabbat nie hou nie.” Die Fariseërs het gehoop
om te bewys dat Jesus ’n sondaar was, en dus nie die Messias nie.
Hulle het nie geweet dat dit Hy is wat die Sabbat gemaak het, die
[482]
verplig- ting daarvan geken het, en wat die blinde man genees het
nie. Hulle was vreeslik ywerig vir die onderhouding van die Sabbat,
maar op daardie juiste dag was hulle besig met planne om moord te
pleeg. Maar vele is diep ontroer toe hulle van die wonderwerk hoor,
en hulle was oortuig dat Hy wat die oë van die blinde man geopen
het, meer as ’n gewone man was. In antwoord op die beskuldiging
dat Jesus n sondaar was omdat Hy nie die Sabbatdag gehou het nie,
het hulle gevra, “Hoe kan ’n sondige mens sulke tekens doen?”