“
Die Lig van die Lewe”
429
Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan terwyl Hy tussen hulle
deurloop; en so het Hy vertrek.”
Lig het geskyn in die duisternis, “en die duisternis het dit nie
oorweldig nie.” Joh. 1: 5.
“
En toe Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat blind was van sy
geboorte af. En Sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig,
hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus antwoord:
Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werk van
God moet in hom openbaar word. ... En toe Hy dit gesê het, spuug
Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan
die oë van die blinde man en sê vir hom: Gaan was jou in die bad
van Siloam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom
gewas; en toe hy kom, sien hy.”
Daar is oor die algemeen deur die Jode geglo dat sonde in hierdie
lewe gestraf word. Elke siekte is beskou as die straf vir die een of
ander sonde, òf deur die lyer self gepleeg òf deur sy ouers. Dit is waar
dat alle lyding die gevolg is van die oortreding van Gods wet, maar
daardie waarheid het verdraaid geraak. Die Satan, die bewerker van
alle sonde en al die gevolge daarvan, het die mense daartoe gebring
om siekte en die dood te beskou as dinge wat van God kom, as
arbitrêre straf op die sonde. Daarom is iemand wat die slagoffer
van die een of ander ernstige siekte geword het, beskou as ’n groot
sondaar.
So is die weg gebaan vir die Jode om Christus te verwerp. Hy
wat al “ons krankhede op Hom geneem het, en ons smarte” is deur
die Jode beskou as iemand wat “deur God geslaan en verdruk was”
(
Jes. 53: 4), en hulle het hulle aangesigte vir Hom verberg.
God het ’n les gegee wat bedoel was om dit te verhoed. Die
geskiedenis van Job het getoon dat lyding van die Satan kom, en dat
[481]
God ingryp as ’n betoning van Sy genade. Maar Israel het nie die les
verstaan nie. Dieselfde dwaling waarvoor God Job se vriende bestraf
het, is herhaal deur die Jode in hulle verwerping van Christus.
Christus se dissipels het ook net soos die Jode geglo ten opsigte
van sonde en lyding. Terwyl Jesus hulle uit hulle dwaling gehelp het,
het Hy nie die oorsaak van daardie man se sonde geopenbaar nie,
maar het hulle vertel wat die gevolg sou wees, naamlik dat die werke
van God daardeur geopenbaar sou word. “Solank as Ek in die wêreld
is,” het Hy gesê,” “is Ek die lig van die wêreld.” En toe, nadat Hy